Eric Stanton

Eric Stanton (30 September 1926 - 17 Maart 1999; gebore as Ernest Stanzoni jr.) was 'n Amerikaanse ondergrondse strokiesverhaal- en fetisjkunstenaar.

Eric Stanton
Die voorblad deur Eric Stanton van "Running Wild" deur Myron Kosloff.

Hoewel Stanton sy loopbaan begin het as 'n BDSM-fantasiekunstenaar vir die "Pin-up King", Irving Klaw, het die grootste deel van sy latere werk die omkeer van genderrolle en vroulike dominansie uitgebeeld. Hy het van die laat 1940's af kommissies van Irving Klaw gekry en ondergrondse roem verwerf. Stanton het ook met die ondergrondse fetishkunstenaars Leonard Burtman (uitgewer van die tydskrifte Exotique en Selbee), die berugte Times Square-uitgewer Edward Mishkin, die uitgewer Stanley Malkin en die latere tydskrifuitgewer George W. Mavety saamgewerk. Hy het ook 'n dekade lank 'n ateljee gedeel met die Marvel Comics-legende Steve Ditko.

Ná die sagteporn-era van die 1960's het sy kuns transgressiewer geword. In die 1970's het hy 'n posbesteldiens begin met die naam "Stanton Archives" en het hy sy werk direk aan aanhangers verkoop. Van 1982 af het hy boeke bekend as "Stantoons" begin verkoop wat direk deur aanhangers geïnspireer is. Stanton het ook bygedra tot tallose ondergrondse publikasies en later tydskrifte vir volwassenes soos Leg Show en Leg World. In 1984 het Stanton die enigste kunsuitstalling in sy lewe gehou by die New Yorkse nagklub Danceteria. Kunstenaars soos Banksy, Allen Jones en Madonna het onder andere al inspirasie in sy werk gevind.

Verwysings

Skakels

  • Eric Stanton  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AmerikaSeksuele fetisjStrokiesverhaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NiersteenKoos du PlessisDuitsGesondheidLys van veltoestandeVoegwoordSuid-SothoLys van elemente volgens simboolProteïenBraaiSuid-EuropaBestaansboerderyHindoeïsmeVioolGroepsgebiedewetBeeldspraakGevolge van aardverwarming op oseaneSelfoonGreta ThunbergVerlede tydKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKameelperdPiesangAsemhalingBosvarkThomas EdisonSeksueel oordraagbare infeksieRookgewoonteInsekOnderwerp (taalkunde)HartOligopolieJavaScriptNag van die lang messeMangelWerkersdagDieregeluideSpinnekopBronsMateriaalAfrikaanse taalleerNarsistiese persoonlikheidsteuringElon MuskAfrikaanse naguilSekondêre sektor van die ekonomieOutismeSeksualiteitSamestellingGasOntdekking van die chemiese elementeRivierDysselsdorpTydEkonomieSkaakKweekhuisgasSpeelkaartBoerboelElektroniese of digitale mediaAlliterasieMaatskappyBeurtkragCarles PuigdemontFranse RewolusieHannes van WykKorrupsieVerkleinwoordRugbyNieuwoudtvilleRekenaarStaalNazi-DuitslandOlimpiese SpeleProstaatkanker🡆 More