Die Kaapsehoopbroodboom (Encephalartos laevifolius) is 'n spesie van die genus Encephalartos wat hoofsaaklik in twee gebiede voorkom: die Kaapsehoopberge naby Nelspruit asook die Piggs Peak-gebied in Eswatini.
Die subbevolking wat eens teen die rotsagtige hange van Mariepskop voorgekom het, is nou feitlik uitgestorwe weens menslike faktore en die Fusarium-swam wat hulle keëls aanval.
Kaapsehoopbroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. laevifolius |
Binomiale naam | |
Encephalartos laevifolius Stapf & Burtt Davy, (1926) |
Die boom groei regop en word 3 tot 4 m hoog. Dit groei goed in vol son en in enige tipe grond. Soos die meeste broodbome groei dit stadig en oorleef ryp goed; dit moet matig van water voorsien word. Die blare word tot 1,5 m lank. Bestuiwing vind plaas deur middel van insekte.
Die boom se FSA-nommer is 6. In Engels staan die boom as die Kaapsehoop cycad bekend.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kaapsehoopbroodboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.