Deep South

Die term Deep South (of Amerikaanse Diep Suide) verwys as beskrywende kategorie na die suidoostelike kulturele en geografiese substreek van die Suidelike Verenigde State.

In 'n historiese konteks word dit gebruik om na dié Suidstate te verwys wat in die tydperk voor die Amerikaanse Burgeroorlog sterk afhanklik was van 'n plantasiestelsel-landbousektor en slawerny en sodoende verskil het van die Upper South.

Deep South
Deelstate, wat op die kaart in donkerrooi aangedui word, vorm tans die Amerikaanse Diep Suide of Deep South. Aangrensende gebiede in Oos-Texas en Noord-Florida word ook algemeen by dié substreek van die Amerikaanse Suidstate gereken. Histories het dié sewe deelstate die oorspronklike Gekonfedereerde State van Amerika gevorm

Na die Diep Suide is algemeen ook verwys as die Lower South (Laer Suide) of die Cotton States (die Katoenstate). Voor die grootskaalse binnelandse migrasie na die noordelike deelstate in die eerste helfte van die 20ste eeu het Afro-Amerikaners die demografiese meerderheid in 'n groot aantal gebiede en sommige deelstate gevorm. Tans verwys die term Deep South gewoonlik na dié deelstate waar bepaalde kulturele elemente, wat algemeen met die Amerikaanse Suidstate verbind word, in 'n gekonsentreerde vorm aangetref word.

Amptelike toerismebemarkers sluit die deelstate Alabama, Kentucky, Louisiana, Mississippi en Tennessee by hul definisie van Deep South USA in.

Verwysings

Tags:

Amerikaanse BurgeroorlogSuidelike Verenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Die KontrakHoër Landbouskool Boland2023Gawes van die Heilige GeesMetamfetamienKaapstadse waterkrisis 2015-2018Pornografiese akteurXenofobie in Suid-AfrikaKoos KombuisSkeurbuikLizz MeiringGodKolitisSkarlakenkoorsMierTsoenamiKaliforniëWaterkringloopOrganismeRuhan du ToitPubliekVlag van Suid-AfrikaKremetartNjalaOorkruipersNederlandNoord-AmerikaVoëlTropiese sikloonSportVrymesselarySpesieRobbeneilandVerenigde State van AmerikaLasse LindtnerIsraelElandréLuiaardJakkie LouwBethalElzette MaarschalkErfenisdag (Suid-Afrika)GeelstertLys van kinderspeletjiesPlastiekGrondsoorteJuanita du PlessisOekraïneIntensiewe vormElizabeth II van die Verenigde KoninkrykVir die voëlsParyse MetroProstaatklierSybel CoetzeeAustraliëWortel (groente)BorskankerVryheidsdagRomeinse syfersGewone janfrederikHoërskool DiamantveldLeeuVerenigde koninkrykLys van vertalings in AfrikaansGeskiedenis van Suid-AfrikaMonopolieBinnelandersSonPandemie2023 Spaanse Grand PrixMiskruierJan BlohmFamilie (verwantskap)ErdwurmTurksvyMensPerineum🡆 More