Iolanda Cristina Gigliotti (17 Januarie 1933 – 3 Mei 1987), beter bekend onder haar kunstenaarsnaam Dalida, was 'n Franse sangeres en aktrise wat as dogter van Italiaanse ouers in die Egiptiese hoofstad Kaïro gebore is.
Twee jaar nadat sy die Mejuffrou Egipte-kompetisie van 1954 gewen het, het sy 'n loopbaan in die musiekbedryf begin wat 31 jaar sou duur en waartydens wêreldwyd 170 miljoen langspelers en enkelsnitte met haar liedere verkoop is.
Dalida | |
---|---|
Dalida in 1974 | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 17 Januarie 1933 Kaïro, Egipte |
Sterf | 3 Mei 1987 (op 54) Parys, Frankryk |
Genres | Chanson française, popmusiek |
Beroep(e) | Sangeres en aktrise |
Instrumente | Stem, tamboeryn |
Jare aktief | 1956−1987 |
Etikette | Barclay • Orlando |
Webwerf | http://www.dalida.com/ |
Een van haar enkelsnitte, Bambino, was as haar eerste groot sukses in 1957 was vir 31 weke lank die nommer een op die Franse trefferlys. Haar donker-melancholiese sangkuns, geaksentueer deur haar donker stem en 'n effense Italiaanse aksent in haar Frans, het haar eie privaat lewe weerspieël wat deur die selfmoorde van twee vriende en lewensmaats en haar gewese eggenoot oorskadu is.
Die loopbaan het tot 'n tragiese einde gekom toe sy in 1987 in Parys haar eie lewe geneem het – kort nadat haar destydse vriend selfmoord gepleeg het. Die Amerikaanse tegnologiereus Google het Dalida, wat as een van die grootste sterre in die Franse musiekgeskiedenis beskou word, op 17 Januarie 2019 met 'n doodle vereer.
Wiki Commons bevat media in verband met Dalida. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Dalida, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.