Chris Schoeman (gebore op 12 Desember 1948 in Somerset-Oos) is 'n Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skrywer.
Chris Schoeman | |
---|---|
Gebore | 12 Desember 1948 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Schoeman het meestersgrade behaal in geskiedenis aan die Universiteit van Port Elizabeth en die Colorado-staatsuniversiteit, Fort Collins, Verenigde State
Schoeman is 'n geskiedkundige en joernalis, en die skrywer en mede-skrywer van verskeie boeke, soos onder meer Boerseun, Broers in die stryd, Engele in die Vreemde, Churchill's South Africa, The Historical Karoo en The Somme Chronicles.
Sy boek oor die lewe van Cornelis van Gogh, broer van Vincent van Gogh, Die onbekende Van Gogh – die lewe van Cornelis van Gogh, van Nederland tot Suid-Afrika, is deur Naòmi Morgan, hoof van die Afdeling Frans aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), op Litnet geresenseer.
Schoeman is ook die skrywer van Vegter en Balling - Boereoorlog-ervarings van veldkornet Charles von Maltitz (2013) - uitgegee deur Tafelberg, Rebel: die lewe van kommandant Hans Lötter, 1873-1901 (2019), Nêrens veilig - Twee eeue van Suid-Afrikaanse rampe (2021, die boek is deur Louise Viljoen op Maroela Media geresenseer), en Ongekende ellende - Rampe wat Suid-Afrika geruk het (2022). Laasgenoemde drie boeke word deur Protea Boekhuis uitgegee.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Chris Schoeman, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.