Bybelgordel

Die Bybelgordel (Nederlands: Bijbelgordel) is die naam (gebaseer op die Bible Belt van die Verenigde State) wat gegee word aan ’n strook land in Nederland wat gekenmerk word deur 'n hoë konsentrasie Protestante.

Die Bybelgordel strek van Seeland en Goeree-Overflakkee, regdeur die Alblasserwaard, Wes-Betuwe en Veluwe tot by die noordelike dele van die Overijssel-provinsie.

Bybelgordel
Gebiede waar Christen-regsgesinde Staatkundig Gereformeerde Partij ’n aansienlike hoeveelheid stemme in 2010 verwerf het, wat amper ooreenstem met die Bybelgordel.

Plekke

Daar is egter gemeenskappe met sterk konserwatiewe Protestantisme wat buite die gordel geleë is. Daar kan byvoorbeeld gekyk word na die voormalige eiland Urk, wat deur baie mense as een van die mees tradisievaste gemeenskappe in die land beskou word, na die kusdorp Katwijk naby die stad Leiden, na die dorp Rijssen in die Twente-streek, sowel as sekere munisipaliteite van Friesland wat eienskappe soortgelyk aan dié binne die Bybelgordel het.

Ander plekke van hierdie gebied sluit (van suidwes na noordoos) Meliskerke, Aagtekerke, Arnemuiden, Borssele, 's-Gravenpolder, Yerseke, Kruiningen, Krabbendijke, Scherpenisse, Stavenisse, Sint Philipsland, Middelharnis, Ouddorp, Hendrik-Ido-Ambacht, Alblasserdam, Nieuw-Lekkerland, Sliedrecht, Hardinxveld-Giessendam, Werkendam, Wijk en Aalburg, Sprang-Capelle, Geldermalsen, Kesteren, Opheusden, Achterberg, Ederveen, Scherpenzeel, Barneveld, Uddel, Elspeet, Nunspeet, Genemuiden en Staphorst in. Die drie grootste stede wat as deel van die Bybelgordel gereken word, is Ede, Veenendaal en Kampen.

Geskiedenis

Toe Vlaandere en Noord-Brabant tydens die Tagtigjarige Oorlog deur die Spaanse weermag herower is, het die Protestante voor twee keuses te staan gekom: óf hulle moes tot Katolisisme bekeer óf hulle moes die plek verlaat. Baie het na die noorde van die grens getrek, veral gedurende die Twaalfjarige Wapenstilstand van 1609–1621. Baie van hulle het ook beginselvaste ondersteuners van die beweging bekend as die nadere reformatie (verdere hervorming) geword. Na die 1832-skeuring bekend as die Afscheiding en die 1886-skeuring, Doleantie (doleansietreurende protes), wat deur Abraham Kuyper gelei is, het hulle van die Nederlandse Hervormde Kerk afgestig en hul eie meer konserwatiewe gemeentes begin. Die bekendste hiervan is die Christelijke Gereformeerde Kerken en die Gereformeerde Gemeenten, wat ook in die volksmond die zwarte-kousenkerken genoem word.

Die Bybelgordel verskil in vele opsigte (o.a. die gereelde kerkbywoning – dikwels twee keer op ’n Sondag) van die tradisionele Katolieke Noord-Brabant en Limburg provinsies sowel as die suidelike (waar kerkbywoning op ’n Sondag gemiddeld maar 2% tot 3% van die bevolking uitmaak) en die noordelike dele van Nederland wat tradisioneel hoofstroom Protestante is en wat toenemend aan die sekulariseer (met soortgelyke lae kerkbywoningsyfers) is.

Leefwyse en tradisie

Die kerk vorm die middelpunt van die Bybelgordel-gemeenskappe en laasgenoemde sal kenmerkend die hedendaagse liberale Nederlandse denkwyse, soos genadedood, gayregte, aborsie, ens. teenstaan. In die Bybelgordel-gemeenskappe gaan die sterk godsdienstige lewenswyse gepaard met ’n konserwatiewe lewensbeskouing, voorkeur vir groot gesinne (die streek het ’n redelike hoë vrugbaarheidsyfer, en die klem wat op tradisionele waardes geplaas word. Een aspek van die Bybelgordel-samelewing wat onlangs nog die algemene Nederlandse publiek se aandag getrek het, is die ouers se agterdog jeens staatsbeheerde inentingsprogramme (sodra die kommer oor die uitbreek van ’n maselsepidemie geopper word).

Die Bybelgordel verskaf groot steun aan die Christen-Demokratiese partye, veral die twee (klein) Christenpartye, naamlik die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP) en die ChristenUnie (CU).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bybelgordel PlekkeBybelgordel GeskiedenisBybelgordel Leefwyse en tradisieBybelgordel VerwysingsBybelgordel Eksterne skakelsBybelgordelAlblasserwaardGoeree-OverflakkeeNederlandNederlandsOverijsselProtestantismeVerenigde StateZeeland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

XenofobieSuiwelprodukLitiumLabia (geslagsdele)SimboolPussy RiotHeupKaapse MaleiersBeesArabies-Israeliese konflikKultuurHaasMoslemMarkus JoosteWinnie Madikizela-MandelaMaagsweerKersfeesPerdKoorsProstaatklierMaanWoestynFrankrykGeskiedenis van kindermishandelingVaginale kankerSkooluniformAkroniemDundermKinderregteOrgasmeCutt GlasDataverwerkingAntjie SomersTrekarbeidMikroskoopMetaalnywerheidMaatskaplike verantwoordelikheidArgitektuurLys van woestyneTweede VryheidsoorlogWolMeervoudSamestellingKeelseerLidwoordSosiale mediaGewone breukeHorlosieKunselementeSprokieKarlien van JaarsveldPenisAfrikaanse naguilNaeltjiesBoom20ste eeuWoordsoortKlimaatsverandering in Suid-AfrikaDoelwitVolhoubare ontwikkelingCristiano RonaldoBek-en-klouseerNazi-DuitslandHoofstadRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Geskiedenis van AfrikaansTelefoonSteenkoolAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidGetalVennootskapWeer (meteorologie)Persoon (taalkunde)Martin Luther King jr.BokmakierieBestuiwingLys van Afrikaanse televisiereekse🡆 More