Braam En Die Engel

Braam en die engel is 'n kinderverhaal deur Marietjie de Jongh.

Dit is vir die eerste keer in 1991 uitgegee deur Tafelberg Uitgewers (Kaapstad). Die verhaal bied 'n satiriese blik op die ellendes van die moderne wêreld, wat metafories in die verhaal voorgestel word.

Verhaal

Hnnerik is 'n pasaangestelde streeksengel wat op 'n missie gestuur is: hy moet keer dat die inwoners van Wale "van ellende vergaan". In Wale ontmoet hy Braam en saam vertrek die twee op 'n reis wat hulle deur talle dorpe met verskillende uitdagings en ellendes sal neem.

Kommersiële sukses

"Braam en die engel" was nie baie suksesvol nie: volgens die uitgewer, Louise Steyn, het dit "soos 'n klip gesink". Haar mening is dat die boek te goed was vir Afrikaanse lesers.

Toekennings

"Braam en die engel" het die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur in 1992 gewen - dit het die eersteplek gedeel met Droomwa deur Barrie Hough. Dié toekenning word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gemaak en word elke derde jaar toegeken. Die verhaal het ook 'n "eervolle vermelding" tydens die C.P. Hoogenhout-prys in 1992 gekry ("Droomwa" het die toekenning gewen).

Vertalings

"Braam en die engel" is in 1995 in Engels uitgegee as Brahm and the Angel, ook deur Tafelberg Uitgewers. Die vertaling is deur Michiel Heyns behartig.

Verwerkings

Die verhaal is oor 'n tydperk van ses jaar deur Barbara Poggemiller na 'n toneelstuk verwerk. Brahm and the Angel is in 2005 in die D.B. Clarke teater in Montreal, Kanada opgevoer - Poggemiller het ook as regisseur waargeneem. Die toneelstuk het in dieselfde jaar ook die MECCA (Montreal English Critics Circle Award) se "spesiale beoordelaarstoekenning" (Special Jury Award) gewen - die kategorie is geskep vir toneelstukke wat nie in enige ander kategorie pas nie.

Verwysings

Tags:

Braam En Die Engel VerhaalBraam En Die Engel Kommersiële suksesBraam En Die Engel ToekenningsBraam En Die Engel VertalingsBraam En Die Engel VerwerkingsBraam En Die Engel VerwysingsBraam En Die EngelKaapstadMarietjie de JonghTafelberg Uitgewers

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse TaalmonumentKrugerwildtuinPortugalMaagsweerKindermishandelingHoofpynAfvalbestuurJohn Brown (aktivis)Menslike seksuele gedragPlatteland (rolprent)Slag van Cuito CuanavaleHerfsLabia (geslagsdele)Russiese inval in Oekraïne sedert 2022KrieketVasco da GamaInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandKoorsblaarLemoenRepubliek VenesiëRuhan du ToitRugbyGesagVoorvoegselRookgewoontePenisAnargismeAfrikaanse woordelys en spelreëlsNatuurlike hulpbronTropiese sikloonParlement van Suid-AfrikaKonsentrasiekampKimberleyByeboerderyWebblaaierLimpopoBloukraanvoëlPoësiePeriodieke tabelSowjetunieDurbanKweekhuiseffekCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaMobutu Sese SekoJakarandaTydsoneNasionale lied van Suid-AfrikaBeesvleisHindoeïsmeLetterlike en figuurlike taalgebruikOmtrek, oppervlakte en volumeKoos KombuisLuiperdPersentasieNegrologieOrlando, FloridaVier temperamenteNetbalKindersiektesSwawelIndiëSwahiliAarde se atmosfeerKartografieNoag se arkInflasieTermietAfrikaansBestorming van die Verenigde State Kongresgebou in 2021Suid-Afrikaanse GrensoorlogEmfiseemPenisverlengingBysteekMiddeloorontstekingSeksismeRooikatSendelingposisie🡆 More