Boomtamatie

'n Boomtamatie ((en) persimmon) is die eetbare vrug van 'n aantal spesies van bome in die genus Diospyros.

Die mees wydverboude van hierdie is die Asiatiese of Japannese persimmon, Diospyros kaki. Diospyros val in die familie Ebenaceae, en 'n aantal nie-persimmonspesies van die genus word verbou vir ebbehout.

Boomtamatie
Twee boomtamatievrugte
Boomtamatie
'n Mooi voorbeeld van hoekom dit 'n boomtamatie genoem word.

Die woord persimmon is afgelei van pasiminan, of pessamin, wat beteken "droë vrugte".

Boomtamatie
Boomtamatieblom
Boomtamatie
Boomtamatieblare
Boomtamatie
'n Heel Jirotamatie en 'n deursnit deur nog een.

Produksie

In 2013 was die wêreldproduksie van boomtamaties 4,6 miljoen ton, waavan China 43% bygedra het. Ander groot produsente is Suid-Korea, Japan, Brasilië en Azerbeidjan.

Boomtamatieproduksie – 2013
Land megaton
Boomtamatie  Volksrepubliek China
2.0
Boomtamatie  Suid-Korea
0.3
Boomtamatie  Japan
0.26
Boomtamatie  Brasilië
0.12
Boomtamatie  Azerbeidjan
0.08
Wêreld
4.6
Bron: FAOSTAT van die Verenigde Nasies

Kulinêre gebruik

Boomtamaties word vars geëet, gedroog, of gaargekook. Indien hulle vars geëet word, word hulle  gewoonlik heel soos 'n appel in happie-grootte stukkies geëet, en kan ook geskil word. Een manier om ryp boomtamaties te eet, is om die boonste blaar met 'n groentemes te verwyder en die vleis met 'n lepel uit te skep. Ryper boomtamaties kan ook geëet word deur die boonste blaar te verwyder, die vrug in die helfte te breek en dan die binnekant te eet.

Die vlees wissel van stewig tot pap, indien "stewig", kan dit wees omrede dit nog nie ryp is nie. Amerikaanse boomtamaties (Diospyros virginiana) en Diospyros digyna is heeltemal oneetbaar totdat hulle ten volle ryp is.

In China, Korea, Japan en Viëtnam word boomtamaties na die oes verwerk met behulp van tradisionele handdroogtegnieke in die buitelug vir twee tot drie weke. Die vrugte word dan verder gedroog deur blootstelling aan hitte oor 'n paar dae voordat dit mark toe gestuur word en as gedroogde vrugte verkoop word.

Verwysings

Tags:

BomeDiospyrosEbbehoutEbenaceaeVrug

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerkersdagSikloonInflasiePropagandaAngina pectorisSonja HerholdtAgtervoegselVerkleinwoordHeidelberg, GautengGriekse teaterGriepJan van RiebeeckGetalHaaieBeurtkragAtlantiese OseaanGoogleAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBybelMusiekInfeksieRassismeAfkortingSomerMisdaadPesachJohannes MeintjesHage GeingobPankreasByvoeglike naamwoordJan van TonderDundermAardedagJapanStam (taalkunde)BlaarGeografie van Suid-AfrikaKlimaatsverandering in AfrikaDurbanDelft, KaapstadTrigeminale neuralgieAtoomNarsistiese persoonlikheidsteuringNag van die lang messeLongontstekingJesus van NasaretDramaVoëlHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalGalileo GalileiSwartrenosterSkoenlapperBraaiSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureCradock-4JagluiperdNatuurlike hulpbronRymRacheltjie de BeerLidwoordBeroerteDie GelofteVerkragtingVoedingNierKalenderVulkaanAfrikaanse woordelys en spelreëlsStollingsgesteenteTuberkuloseHindoeïsme🡆 More