Bill Flynn

William Bill Flynn (13 Desember 1948 – 11 Julie 2007) was 'n Suid-Afrikaanse akteur.

Hy het in meer as 140 toneelstukke, musiekblyspele, 42 films en talle TV-programme en honderde radio- en TV-advertensies gespeel. Hy was ook die hoofsanger van Vinnie and The Viscounts en later The Rock Rebels.

Bill Flynn
Geboortenaam William Frederick Flynn
Geboorte 13 Desember 1948
Kaapstad
Sterfte 11 Julie 2007 (op 58)
Johannesburg
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Bill Flynn het in 1966 by die Plumstead High School in Kaapstad gematrikuleer waarna hy by die Universiteit van Kaapstad drama gestudeer het.

Flynn was met die aktrise Jana Cilliers getroud.

Flynn is op 58 jarige ouderdom in sy slaap oorlede, vermoedelik aan 'n hartaanval. Ten tye van sy afsterwe het Flynn in A Funny Thing Happened on the Way to the Forum by Johannesburg se Civic Theatre gespeel.

Filmografie

  • House of the Living Dead, 1973
  • Hello and Goodbye, 1979
  • Wat Jy Saai, 1979
  • Kill and Kill Again, 1981
  • City Lovers, 1982
  • Prisoners of the Lost Universe, 1983
  • Funny People II, 1983
  • Magic Is Alive, My Friend, 1985
  • Senor Smith, 1986
  • Saturday Night at the Palace, 1987
  • Kwagga Strikes Back, 1990
  • Die Prince van Pretoria, 1993
  • Kalahari Harry, 1994
  • Guns of Honor, 1994
  • Marie s'en va t-en guerre, 1994
  • Treasure at Elephant Ridge, 1995
  • Human Timebomb, 1996
  • Heel Against the Head, 1999
  • The Carruthers Brothers, 2000
  • Oh Schuks... I'm Gatvol, 2004
  • Jozi Streets, 2004
  • Krakatoa - The Last Days, 2006
  • Running Riot, 2006

Musiek

CD as sanger

  • Toyi Kaka - 1995
  • I Don't Like Cricket, I Love It - 1996
  • B.O.K.K.E. - 1999
  • Gees
  • Gooi My A Tenor
  • Tenors Racket
  • Rainbow Worrior

CD as groep

  • Get Vrot - Vinnie & The Viscounts
  • Rock & Roll Party - Vinnie & The Viscounts
  • Get This - The Rock Rebels
  • Gooi Mielies - The Rock Rebels

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bill Flynn FilmografieBill Flynn MusiekBill Flynn VerwysingsBill Flynn Eksterne skakelsBill Flynn11 Julie13 Desember19482007Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NeerslagSeekatTuisbladVoedselkettingKaliumLetterlike en figuurlike taalgebruikPropagandaRekenaarIronieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeStaalWayde van NiekerkGeskiedenis van Suid-AfrikaVolksrepubliek ChinaWoestynKnysnaAdolf HitlerVasco da GamaGewasbeskermingNamakwalandFranse RewolusieWilliam WilberforceBreinkaartGasNazi-DuitslandPoesNeonPriemgetalLys van landeOogproblemeLegeringGroot vyfAfrikabosluiskoorsJaarRenteRenosterBTWLimpopoApartheidProteïenLabia (geslagsdele)Handel (ekonomie)VuurhoutjieYsterHeilige GeesMaatskappyOranjerivierNarsistiese persoonlikheidsteuringSywurmChris BrownCobus RossouwVoëlgriepMonumentCarike KeuzenkampNatuurrampBoodskapBraaiHaasFinale OplossingJodeMisdaadromanLeestekenWatersuiweringBeroerteLien se lankstaanskoeneCalviniaGesondheidGeorgeSlag van BloedrivierKoue OorlogBeaufortskaalKorrupsiePrimêre sektor van die ekonomiePseudowetenskapTrappe van vergelyking🡆 More