Benede-Oranjeriviervallei

Die Benede-Oranjeriviervallei is in die Noord-Kaap van Suid-Afrika geleë.

Die streek begin by Prieska en sluit die smal strook grond weerskante van die Oranjerivier tot by Onseepkans in. Die Boegoebergdam lê ook in die streek naby Groblershoop. Die Oranjerivier oorheers die streek; die meeste mense in die streek is direk of indirek betrokke by aktiwiteite met water uit die rivier.

Besproeiing

Water word by Upington en Kakamas uit die rivier gekeer waar intensiewe besproeiing beoefen word. Die spoelgrond is vrugbaar. Die wingerde van Upington tot by Kakamas lewer van die beste sultanadruiwe en rosyne in die wêreld. Ander druiwekultivars word ook verbou tesame met bone, lensies, ertjies, sagtevrugte, sitrus, lusern, koring en katoen. Kakamas is beroemd vir sy taaipitperskes.

Oranjerivier

Tussen Upington en Kakamas vloei die rivier breed, party plekke tot 2 km met baie eilande tussenin waarvan die bekendste Kanoneiland is. Kanoneiland is naby Keimoes en word ook intensief bewerk. Die Augrabieswaterval is net noordwes van Kakamas.

Landvervoer

Die N10 en N14 nasionale paaie gaan deur die streek terwyl die Sishen-Saldanha Spoorlyn die streek net noord van Groblershoop kruis.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Benede-Oranjeriviervallei BesproeiingBenede-Oranjeriviervallei OranjerivierBenede-Oranjeriviervallei LandvervoerBenede-Oranjeriviervallei Sien ookBenede-Oranjeriviervallei VerwysingsBenede-OranjeriviervalleiBoegoebergdamGroblershoopNoord-KaapOnseepkansOranjerivierPrieskaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JodiumBysteekWikinewsPlae van EgiptePinksterSonnestelselInfeksieBoer Soek 'n VrouKomeetGelukElsabé DaneelVergelykings (taalkunde)Anale seksWes-KaapKruisigingRefentse MorakeLimfvatstelselHipoteseGroep TweeVlermuisKaliumPampoentjiesRekenaarwetenskapSkildklierVoortrekkermonumentLys van medisinale kruieNasiebouKlinkerNederduitse Gereformeerde KerkGeskiedenis van AfrikaansFredi NestOu Apostoliese KerkProvinsies van Suid-AfrikaKolonoskopieJan van HunksNieu-SeelandAnette EngelbrechtGrondVoedingMuisvoëlAarverkalkingNoord-Sotho (taal)Chris HaniAalwynColubrina nicholsoniiOnderwysGeelsugVerkoueSinoniemMarga van RooyDocumentaBiljoenSewendedagadventismeJane GoodallLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMierPaasfeesOlimpiese godeKlankverskynselsJo BlackSianobakterieNarsistiese persoonlikheidsteuringFilosofieKleinblouoorglansspreeuHannes van WykGetalHennie MaasProstaatkankerDiepaartromboseBroodwortelMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaT20I-wêreldbeker 2014Kadmium🡆 More