Awá

Die Awá of Guajá is ’n inheemse volk van Brasilië wat in die oostelike Amasonereënwoud woon.

Daar is sowat 350 lede, van wie 60 geen kontak met die buitewêreld het nie. Hulle word as hoogs bedreig beskou weens botsings met houtkappers in hul gebied. Hul taal word Guajá genoem; dit is een van die Tupí-Guaraní-tale.

Awá

Totale bevolking: 350
Belangrike bevolkings  in: Amasonereënwoud, Brasilië
Taal: Guajá
Geloofsoortuiging: Onbekend
Verwante etniese groepe:

Geskiedenis

Nadat hulle aanvanklik in nedersettings gewoon het, het die Awá omstreeks 1800 ’n nomadiese leefwyse aangeneem weens die instroming van Europeërs. In die 19de eeu is hulle al hoe meer deur setlaars in die streek aangeval wat die meeste van die woude daar afgekap het. Van die middel 1980's af het sommige Awá na nedersettings verskuif wat deur die regring beskikbaar gestel is. Hulle handhaaf egter steeds hul tradisionele leefwyse in nomadiese groepe van ’n paar dosyn elk met min of geen kontak met die buitewêreld nie en is van hul woude afhanklik.

In 1982 het die Brasiliaanse regering ’n groot lening van die Wêreldbank en Europese Unie ontvang; een van die voorwaardes was dat die grondgebiede van sekere inheemse volke, insluitende die Awá, afgebaken en beskerm word. Dit was veral vir die Awá belangrik omdat hul woude toenemend deur buitestanders ingeneem is. Daar was baie gevalle van stamlede wat deur setlaars vermoor is en die grond waarvan hulle afhanklik is, is vernietig deur houtkappery en ontbossing vir landbou. Sonder ingryping van die regering was dit amper seker dat die Awá en hul antieke kultuur uitgewis sou word.

Dit het egter uiters lank geduur voordat die Brasiliaanse regering hul onderneming nagekom het. Dit het 20 jaar en volgehoue druk deur organisasies soos Survival International geneem voordat die Awá se grondgebied in Maart 2003 eindelik afgebaken is. Intussen het die instroming van hul gebied en ’n reeks aanvalle hul getalle tot sowat 350 verminder, waarvan nog net sowat 60 die tradisionele jagter-versamelaar-leefstyl handhaaf.

Laat in 2011 het onwettige houkappers ’n agtjarige Awá-meisie lewend verbrand nadat sy uit haar dorpie gedwaal het. Die moord is binne ’n beskermde gebied in die staat Maranhão gepleeg. Luis Carlos Guajajaras, die leier van ’n ander stam, het gesê die meisie is vermoor om as waarskuwing te dien vir ander inheemse volke in die beskermde gebied. Volgens die Inheemse Sendingraad is sowat 450 inheemse stamlede tussen 2003 en 2010 vermoor. In ’n ondersoek is bevind die vermoode meisie se dorpie is deur houtkappers vernietig.

Volgens Survival International, ’n menseregte-organisasie wat hulle beywer vir die regte van inheemse volke en wat die Awá beskou as die "wêreld se mees bedreigde stam", verdwyn die volk se woude nou vinniger as in enige ander Indianegebied in die Brasiliaanse Amasone. In April 2012 het die organisasie ’n wêreldwye veldtog begin wat deur die akteur Colin Firth gesteun word, om die Awá te beskerm. In September 2012 het Brasilië se departement van Indianesake beweer houtkappers is net 6 km van die Awá af.

In 2019 het Reuters ’n video gepubliseer van stamlede waarin aktiviste waarsku oor toenemende bedreigings van die stam deur houtkappers wat al hoe nader aan hulle tradisionele jaggebied beweeg.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AmasonereënwoudBrasiliëGeïsoleerde volkHoutInheemse volkeTupí-Guaraní-tale

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Black SashLangste woordNasionale VrouemonumentGoogleMahatma GandhiBrongitisMorfologie (taalkunde)Lys van elemente volgens simboolSpreeuBaljuSeisoenSteve HofmeyrMarie AntoinetteSuid-Afrikaanse randGoogle MapsHoofpynAfro-AmerikanersDubbelpuntHamburgerVoëlShanzhaiDelft, KaapstadSwart nasionalismeNelson MandelaWet op Bantoe-onderwysPiesangCarles PuigdemontHeidelberg, Gauteng20ste eeuBoerboelKommunikasieGeskiedenis (vakgebied)Lien se lankstaanskoeneBosvarkFrankrykC.J. LangenhovenLionel MessiRina HugoNeurenberg-verhoreToekoms van die AardeMandalaEendbekdierBloedsomloopstelselEnsiklopedieVars waterTegnologieElon MuskKindersiektesKrimpvarkieHulpwerkwoordKoorsblaarCradock-4Kevin RuddVeerTuberkuloseAartappelLetsiteleTydEnkelvoudige sinSkaakLaeveldYouTubeBedryfstelsel (inligtingstegnologie)BesoedelingKolonialismeAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidBeesLetterkundeMaroela MediaVaginale kankerMoedersdagGloeilampToestand van materieBTWBallet🡆 More