Artabanus Iv Van Partië

Artabanus IV, ook bekend as Ardawan IV (Parties: 𐭍𐭐𐭕𐭓), wat in ouer geskrifte soms verkeerdelik Artabanus V genoem word, was van omstreeks 213 tot 224 die laaste koning van konings van die Partiese Ryk.

Hy was die jongste seun van Vologases V, wat in 208 gesterf het.

Artabanus IV
𐭍𐭐𐭕𐭓
Koning van konings
Artabanus Iv Van Partië
'n Dragme van Artabanus IV.
Koning van die Partiese Ryk
Heerskappy213-224
VoorgangerVologases VI
OpvolgerArdasjir I (Sassanidiese Ryk)
Oorlede28 April 224
DinastieArsakiede
VaderVologases V
ReligieZoroastrisme

Bewind

In omstreeks 208 het Vologases IV sy pa, Vologases V, as koning van die Partiese Ryk opgevolg. Sy bewind was vir 'n paar jaar onbetwis, totdat sy broer Artabanus gerebelleer het. Die stryd om die troon tussen die twee broer het waarskynlik omstreeks 213 ontstaan. Artabanus het 'n groot deel van die ryk verower, onder meer Medië en Susa. Dit lyk of Vologases VI net Seleukië behou het waar hy geld gemunt het.

Die Romeinse keiser Caracalla het twee keer probeer om Artabanus tot 'n oorlog uit te lok, wat daarop dui dat hy Artabanus as die Partiese heerser beskou het. Artabanus het kort daarna oorlog teen Caracalla gemaak en sy magte afgeweer. Vrede is die volgende jaar gesluit. Artabanus het egter nog met sy broer Vologases te doen gehad, wat aanhou geld munt en hom uitgedaag het.

Oorlog met die Sassaniede

Artabanus Iv Van Partië 
'n Illustrasie uit 1840 van 'n Sassanidiese reliëf wat wys hoe Ardasjir I se magte die oorhand oor Artabanus IV en sy magte kry.

Intussen het die Sassanidiese familie, nou onder prins Ardasjir I, begin om naburige gebiede te verower. Sy magte het Artabanus aangeval; sy seun en erfgenaam, Sjapoer I, het ook aan die geveg deelgeneem. Dit slag het op 28 April 224 plaasgevind en Artabanus is oorwin en vermoor. Dit was die einde van die Arsakidiese tydperk en die begin van 427 jaar van Sassanidiese heerskappy.

Ardasjir I het hierna die titel "sjahansjah" ("koning van konings") aangeneem en begin met sy verowerings van 'n gebied wat hy "Iran" genoem het.

Sy magte het Vologases VI kort ná 228 uit Mesopotamië verdryf. Pogings in die laat 6de eeu om die Arsakidiese dinastie te herstel was onsuksesvol.

Verwysings

Bronne

  • "Balāš VI". Encyclopaedia Iranica, Vol. III, Fasc. 6. (1988). 574–580. 
  • Daryaee, Touraj (2014). Sasanian Persia: The Rise and Fall of an Empire. I.B.Tauris. pp. 1–240. ISBN 978-0857716668.
  • Schippmann, K. (1986a). "Artabanus (Arsacid kings)". Encyclopaedia Iranica, Vol. II, Fasc. 6. 647–650. 
  • Shahbazi, A. Shapur (2004). "Hormozdgān". Encyclopaedia Iranica, Vol. XII, Fasc. 5. 469–470. 
  • Shahbazi, A. Shapur (2002). "Šāpur I". Encyclopaedia Iranica.  
  • Shahbazi, A. Shapur (1989). "BESṬĀM O BENDŌY". Encyclopaedia Iranica, Vol. IV, Fasc. 2. 180–182. 
  • Shahbazi, A. Shapur (1988). "Bahrām VI Čōbīn". Encyclopaedia Iranica, Vol. III, Fasc. 5. 514–522. 

Skakels

  • Artabanus Iv Van Partië  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Artabanus Iv Van Partië BewindArtabanus Iv Van Partië VerwysingsArtabanus Iv Van Partië SkakelsArtabanus Iv Van PartiëPartiesPartiese RykVologases V van Partië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WiskundeAl-Masdjid an-NabawiSeksuele stimulasiePerdKoöperasiestoriesAppel (sanger)Zack du PlessisLangste woordKameelperdErektiele disfunksieBestorming van die Verenigde State Kongresgebou in 2021DemokrasieGeskiedenis van NamibiëLys van kinderspeletjiesFranse RewolusieWatersuiweringMachu PicchuMaatskappyLiesbreukJakarandaProstaatkankerLys van WêrelderfenisgebiedeEngelsGroot TrekKoolstofBloedsomloopstelselSeksuele opwekkingMasturbasieNierEtniese groepMondMalariaGriekse teaterHindoeïsmeKennisNkosi Sikelel' iAfrikaPeach van PletzenWoordeboekPseudowetenskapOnafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-AfrikaBeesvleisMenslike seksuele gedragHerfsErfenisdag (Suid-Afrika)AluminiumMensSkarlakenkoorsLimpopoSlag van Cuito CuanavaleKommunikasieVloeistofFotosinteseLys van Kaapstad se voorstedeVigsNederlandsApple Inc.Saartjie BaartmanDansHerpes simplexGetalSteenkool in Suid-AfrikaTropiese sikloonWiki CommonsAngolaEjakulasiePeriodieke tabelGalblaasLewerNederduitse Gereformeerde KerkMelaatsheidKaliumKolonoskopieGeskiedenis (vakgebied)BreinvliesontstekingSterBasisinkomsteManslagMonopolie🡆 More