Araf

In Islam is al-A'raf (Arabies: الأعراف) 'n grensgebied of sluier tussen Djannah (hemel) en Djahannam (hel).

Dit word bewoon deur diegene wie se sondes en deugsaamhede ewe veel was; hulle was nie heeltemal boos maar ook nie heeltemal goed nie. Dit kan beskryf word as 'n soort vaevuur met ontbering, maar sonder lyding.

Araf
Diagram van die Oordeelsdag, van 'n manuskrip deur die Soefistiese mistikus en Islamitiese filosoof Ibn Arabi, omstreeks 1238. Van die dele wat te sien is, is die Arsj (Troon van God), kansels vir die regverdiges (al-Aminoen), sewe rye engele, Gabriël (al-Roeh), Araf (die versperring), Kawthar (die Poel van Oorvloed), al-Maqam al-Mahmoed (waar die profeet Mohammed sal staan om namens die regverdiges te bemiddel), Mizan (die skaal), As-Sirat (die Brug), Djahannam (Hel) en Marj al-Djannat (Grasland van die Paradys).

Die woord is 'n meervoudsvorm en beteken letterlik "die Verhewe Plekke" in Afrikaans. Die ryk word beskryf as 'n hoë gordyn tussen Djahannam en Djhannah. Die Arabiese historikus Ibn Kathir het al-A'raf beskryf as 'n muur met 'n hek. Die mense in dié hoë muur aanskou die verskrikking van die hel asook die skoonheid van die paradys. Hulle smag daarna om in die paradys in te gaan, maar hulle sondes en deugsaamhede balanseer mekaar uit. Met die genade van God se hulle egter onder die laaste mense wees wat die Paradys binnegaan.

Die Katolieke geleerde van islam Louis Massignon het geglo die Christelike begrip "limbo" is geïnspreer deur die Moeslemse vertolking van Araf.

Araf word in die Koran beskryf in soera "Die Verhewe Plekke" (Al-A'raf), ajat 46-47.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • Araf  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

ArabiesHiernamaalsIslamVaevuur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DurbanPoleSkaapBeesvleisErfenisdag (Suid-Afrika)GeslagsorgaanWaterbesparing in Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolKolitisSkilpadInsekKlimaatMusieksimboleGriekse teaterVoëlInflasieTennisKontinentMaagAl-Masdjid an-NabawiWilna SnymanDroomKalsiumWatersuiweringPenisOnomatopeeLieweheersbesieChristendomSeekatSmall HandsKlein-KarooDierOlimpiese SpeleArmoedeverligtingAarde se atmosfeerHomoniemVenesiëBreinvliesontstekingKasterolieHondsdolheidNasiebouSirkusAB de VilliersGeestesteuringOrale seksVersamelnaamFinale OplossingRooms-Katolieke KerkSprokieSpelerposisies in rugbyDrake (musikant)GeweldSitrusMenslike skeletProteaXhosaDiepaartrombosePuberteitErfenisTydNatuurlike hulpbronDistrik SesFiela se kindEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSiekteAfkappingstekenKweekhuiseffekBlourokkeUitwerking van klimaatsveranderingVoedingUnited Democratic FrontByeboerderyRichard Francis BurtonNatuurrampLangste woordVloeistof🡆 More