Ahkam

Ahkam (Arabies: أحكام, aḥkām; beslissings; meervoud van ḥukm, حُكْم) is 'n Islamitiese term met verskeie betekenisse.

In die Koran beteken ḥukm "arbitrasie", "oordeel", "gesag" of "God se wil". In die vroeë Islamitiese tydperk is verklaar dat net die ḥukm van God (حُكْمُ اللّهِ) aanvaar word. Die woord het in die loop van die Islamitiese geskiedenis nuwe betekenisse verkry, soos 'n wêreldse uitvoerende gesag of 'n hofbeslissing.

In die meervoud, ahkam, verwys dit oor die algemeen na spesifieke Islamitiese reëls of na die wetlike beslissings wat afgelei word met die gebruik van die metodologie van fikh. Sjariabeslissings val in een van vyf kategorieë wat as "die vyf beslissings" (al-aḥkām al-khamsa) bekend is: farḍ (verpligtend), mustaḥabb ("aanbevole"), mubāḥ ("neutraal"), makrūh ("afkeurenswaardig") en ḥarām (garaam, "verbode"). Volgens die Islamitiese geleerde Joseph Schacht is die kategorieë eers ontwikkel minstens twee eeue ná Mohammed se tyd.

Vyf beslissings

Die vyf kategorieë waarin Sjariabeslissings val, is:

  1. farḍ/wājib (واجب / فرض) verpligtend
  2. mustaḥabb/mandūb (مستحب) aanbevole
  3. mubāḥ (مباح) neutraal, wat nie God se oordeel betrek nie
  4. makrūh (مكروه) afkeurenswaardig, waarvan nie gehou word nie
  5. ḥarām/maḥzūr (محظور / حرام) verbode

Dit is 'n sonde of 'n misdaad om 'n verbode daad uit te voer of nie 'n verpligtende daad uit te voer nie. Afkeurenswaardige dade moet liefs vermy word, maar hulle word nie beskou as sondig of strafbaar in 'n hof nie. Om afkeurenswaardige dade te vermy en aanbevole dade uit te voer, laat 'n mens in aanmerking kom vir beloning in die hiernamaals, terwyl God nie oordeel vel oor neutrale dade nie. Juriste stem nie saam oor of die term ḥalāl (galaal) die eerste twee of die eerste vier kategorieë dek nie. Die wetlike en morele oordeel hang af daarvan of die daad uit noodsaaklikheid verrig is.

Voorbeelde van elke beslissing

Farḍ sluit in salat, hadj, Islamitiese begrafnis en om te reageer op As-salamu alaykum (Islamitiese groet). Mustaḥabb sluit in welsyn, om die pubiese en onderarmhare te skeer en As-salamu alaykum. Mubāḥ sluit in eiendomsreg. Makrūh sluit in egskeiding, vloek, om knoffel te eet voor 'n besoek aan 'n moskee en om baie water te gebruik vir rituele reiniging. Harām sluit in onwettige seks en om bloed of verbode kos in te neem.

Noodtoestande

Godsdienstige voorskrifte kan verslap word onder buitengewone omstandighede. Hoewel van Molems verwag word om te vas tydens Ramadaan, word 'n siek man byvoorbeeld aanbeveel om die vas te verbreek as die vas sy gesondheid sal belemmer.

Fatwa

Dit is soortgelyk aan 'n fatwa, maar verskil ook daarvan.:471

Verwysings

Skakels

  • Ahkam  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Ahkam Vyf beslissingsAhkam Voorbeelde van elke beslissingAhkam NoodtoestandeAhkam FatwaAhkam VerwysingsAhkam SkakelsAhkamArabiesIslamKoran

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PalmsondagRumatiekNoorweëLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierAarde se atmosfeerEuropaVoorvoegselHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAnale kankerGemeenskapsorganisasieBoesmanEuroSwangerskapLandbouGlobaliseringHormoonProbleemoplossingWeeluisRooikatLigNetbalBruin huisslangGroenAkuut-aksenttekenJazzJodiumApartheidBrandon SklenarArgentiniëWapen van Suid-AfrikaNelson MandelaAfrikaanse TaalmonumentJeugdagMorfologie (taalkunde)GLys van Afrikaanse digtersVratEskomVigsLys van hoofstedeIslamWoudTuisbladKambodjaEpilepsieMenstruasiePampoentjiesVormMenslikepapilloomvirus-infeksieAntoinette KellermannLabia (geslagsdele)KaliforniumDirekte en Indirekte redeWerner AbrolatCarcassonneJakobFonetiekSydoringSkisofrenieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVivian BonnellLeon KrugerOostenrykse DuitsKunsIngenieursweseDokterAsteroïdeStudievaardighedeNederduitse Gereformeerde KerkMiteGeelslangNiles WelchGezina, PretoriaOnderwysOlifantVoortplanting🡆 More