Afrikaner Selfbeskikking Party (sic; afgekort: AFRSP) is ’n eenheid van Afrikaner-organisasies en politieke partye wat saam aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 deelgeneem het.
Hulle hoofdoel is om uiteindelike selfbeskikking te bekom en vir die regte van die Afrikaner en ander Europese volke te veg. Die party was vroeër bekend as Front Nasionaal.
Afrikaner Selfbeskikking Party | |
AFRSP | |
Leier | Adv. Jurg Prinsloo SC |
---|---|
Gestig | 7 Desember 2013 |
Voorafgegaan deur | Front Nasionaal |
Hoofkwartier | Pretoria, Gauteng |
Ideologie | Volksnasionalisme, Christen-demokrasie, selfbeskikking |
Amptelike kleure | Oranje, wit en Blou |
Webblad | afrikanerselfbeskikkingparty |
Die party is op 7 Desember 2013 by Das Gasthaus in Capital Park, Pretoria bekendgestel. Hannes Engelbrecht, ’n joernalis van Potchefstroom en aktivis van die Boere-Krisis-Aksie is as die party se eerste leier verkies. Die Federale Vryheidsparty se kanselier, Willie Cloete, is verkies tot operasionele bestuurder en onderleier. Die Afrikaner Selfbeskikking Party is ’n voortvloeisel uit die Federale Vryheidsparty en is ook so by die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer.
Die Party se naam is verander na Afrikaner Selfbeskikking Party in Januarie 2020.
Die FN se amptelike partybeleid spruit uit die Verenigde Nasies se resolusie 2649 (XXV) van 30 November 1970 wat aan groepe die reg tot selfbeskikking gee:
Die FN staan vir die volgende beginsels:
Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019 | 7,144 | 0.04% | - |
2014 | 5,138 | 0.03% | - |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Afrikaner Selfbeskikking Party, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.