Adderleystraat

Adderleystraat is die hoofstraat van Kaapstad.

Dit begin by die herwonne strandgebied by Roggebaai en eindig aan die voet van Goewermentlaan. Dit het eers as Amsterdamkanaal en daarna Heerengracht bekendgestaan en langs 'n varswaterkanaal geloop wat lank gelede reeds toegegooi is. Dié water, wat van Tafelberg af kom, loop vandag onder die straat in 'n groot pyp af see toe.

Adderleystraat
Adderleystraat, 2016.
Adderleystraat
Adderleystraat omstreeks 1897.
Adderleystraat
Adderleystraat, omstreeks 1900, afgeneem deur T.D. Ravenscroft, 'n Rondebosse fotograaf.
Adderleystraat
Die Groote Kerk is 'n bekende baken aan Adderleystraat.

Adderleystraat het sy huidige naam in 1850 gekry ter ere van Charles Bowyer Adderley, 'n Britse parlementslid wat die Kaapse koloniste se geslaagde poging gesteun het om te verhoed dat die Kaap omskep word in 'n strafkolonie. Van die bekende bakens aan Adderleystraat is die Groote Kerk, die Kultuurhistoriese Museum, Standard Bank se eertydse hoofkantoor en die Goue Akker.

Die voortsetting van Adderleystraat, wat oor die herwonne strandgebied loop tot teen aan die hawe, staan bekend as Heerengracht.

Daar is ook 'n Adderleystraat in Port Elizabeth en talle plattelandse dorpe, onder meer Worcester, Robertson en Stanford.

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

18°25′27″O / 33.92139°S 18.42417°O / -33.92139; 18.42417

Tags:

KaapstadRoggebaaiTafelberg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MonopolieEwenaarSkoolVeerMiddeloorontstekingEendbekdierKunsmatige intelligensieMenseregteRekeningkundeMiltSkerpioenTuberkulosePoesHulpwerkwoordVlieënde HollanderCorioliskragKontinentKlein gekolde katMagneetShanzhaiHector PietersonLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaLewerDuitse maselsBlaarHoofstadProteïenKewerAntisemitismeKunselementeBiodiversiteitRosa ParksErfenisdag (Suid-Afrika)Wet op Bantoe-onderwysStaatstoelaeSuid-AfrikaGloeilampAtoomTelwoordJodeAardverwarmingOseanografieGrootste rampe in Suid-AfrikaStollingsgesteenteAardePolitieke partyLeierskapEskomKlimaatGewone luislangSuid-EuropaJohann de LangeVoedselkettingTremBorskankerBruto binnelandse produkPuberteitJohn Brown (aktivis)MorfeemKaapstadse waterkrisis 2015-2018Apostoliese GeloofsendingLimfvatstelselKrimpvarkiePesachBloeddrukSekondêre sektor van die ekonomieDieremishandelingPersentasieKappie (skryfteken)PretoriaStadKatGemeenskapSeksuele opwekkingMeningsverskil oor aardverwarmingSuid-Afrikaanse konsentrasiekampe🡆 More