16 Cygni (of 16 Cyg) is ’n driedubbele ster sowat 69 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Swaan.
Dit bestaan uit twee Sonagtige geel dwergsterre, 16 Cygni A en 16 Cygni B, en ’n rooi dwerg, 16 Cygni C. In 1996 is ’n eksoplaneet ontdek in ’n sonderlinge wentelbaan om ster B.
16 Cygni | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Spektraaltipe | G1,5Vb / G2,5Vb (16 Gygni C: M?V) | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16 Cyg A / 16 Cyg B: 19h 41m 48,95s / 19h 41m 51,97s | |||
Deklinasie | +50° 31′ 30,2″ / +50° 31′ 03,1″ | |||
Skynmagnitude (m) | 5,96 / 6,2 | |||
B-V-kleurindeks | 0,64 / 0,66 | |||
U-B-kleurindeks | 0,19 / 0,20 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,02 / 0,97 | |||
Ligsterkte (L☉) | 1,6 / 1,3 | |||
Ouderdom (jaar) | 10,4 / 9,9 gigajaar | |||
Temperatuur (K) | 5 803 / 5 752 | |||
Afstand (ligjaar) | 6,8 / 69,2 | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | Driedubbele ster | |||
Planete | 1 | |||
Ander name | ||||
16 Cyg A: BD+50 2847, GCTP 4634.00, GJ 765.1 A, HD 186408, HIP 96895, HR 7503, LTT 15750, SAO 31898, Struve 4046A 16 Cyg B: BD+50 2848, GJ 765.1 B, HD 186427, HIP 96901, HR 7504, LTT 15751, SAO 31899, Struve 4046B | ||||
|
Die parallaks van die twee helderste sterre is gemeet as deel van die Hipparcos-sending: 47,44 milliboogsekondes vir A en 47,14 vir B. Aangesien die sterre verbind is, lê hulle op dieselfde afstand en die verskil in parallaks word beskou as ’n eksperimentele fout. As A se parallaks geneem word, is die sterre 21,1 parsek van die Aarde af.
Sterre A en C vorm ’n dubbelster sowat 73 AE van mekaar af. Ster B is sowat 860 AE van ster A af. Beide 16 Cygni A en B is geel dwergsterre soos die Son en hul massas is ook byna dieselfde as die Son s’n. Die raming van hul ouderdomme wissel, maar 16 Cygni is waarskynlik ouer as die Sonnestelsel, sowat 10 miljard jaar.
In 1996 is ’n eksoplaneet in ’n sonderlinge baan om 16 Cygni B ontdek. Dit voltooi ’n wentelbaan in 798,5 dae en het ’n halwe langas van 1,68 AE. Nes die meeste eksoplanete wat van die Aarde af waarneembaar is, is 16 Cygni Bb se bestaan afgelei van die ster se radiale snelheid. In 2012 het die sterrekundiges E. Plavalova en N.A. Solovaya bereken die massa moet sowat 2,38 Jupiter-massas wees.
’n METI (Message to Extra-Terrestrial Intelligence) is op 24 Mei 1999 na die 16 Cygni-stelsel gestuur vanaf die 70 meter hoë Eupatoria Planetêre Radar. Die boodskap is "Cosmic Call 1" genoem en sal 16 Cygni in November 2069 bereik.
19h 41m 51.9720s, +50° 31′ 03.083″
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 16 Cygni, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.