'n Skrikkeljaar is 'n jaar wat 'n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar.
Seisoengebeure en astronomiese gebeure herhaal nie op 'n presiese aantal dae nie, met die gevolg dat 'n kalender met dieselfde aantal dae vir elke jaar geleidelik sal verskuif ten opsigte van die gebeurtenis waarmee dit moet ooreenstem. Deur by geleentheid 'n ekstra dag of maand in die jaar by te voeg, kan hierdie verskuiwing gekorrigeer word.
Die Gregoriaanse kalender voeg 'n ekstra dag by Februarie in jare wat deelbaar is deur vier, behalwe vir jare wat deelbaar is deur 100 maar nie deur 400 deel nie. Dus is 1996 en 2000 skrikkeljare, maar nie 1900 of 2100 nie.
In die geval van maansonkalenders word soms 'n hele maand by 'n skrikkeljaar gevoeg.
Sien skrikkeljaar in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Skrikkeljaar, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.