William Bourne

William Bourne (omstreeks 1535–1582) was 'n Engelse wiskundige, herbergier en voormalige kanonnier van die Koninklike Britse Vloot wat die eerste ontwerp vir 'n navigeerbare duikboot voorgestel het en 'n belangrike navigasiehandleiding geskryf het.

Hy word dikwels William Bourne van Gravesend genoem.

In 1574 het hy 'n gewilde weergawe van die Arte de Navegar van die Martín Cortés de Albacar geskryf, getiteld A Regiment for the Sea. Bourne was krities oor sommige aspekte van die oorspronklike stuk en het 'n handleiding opgestel wat meer praktiese nut vir die seeman sou hê. Hy het beskryf hoe om die son en die sterre vir navigasie te gebruik, met behulp van 'n dwarsstok, en hoe om kusgebiede van die skip af te boekstaaf deur lesings te neem met behulp van driehoeksmeting.

Lewe in Gravesend

Voordat William Bourne sy duikbootontwerp gepubliseer het, was hy 'n jurat in Gravesend, Engeland. Sy naam verskyn die eerste keer in die eerste statuut van die oprigting van Gravesend vanaf 5 Junie 1562. Sy naam verskyn weer as 'n jurat in die tweede handves van Gravesend, gedateer 5 Junie 1568. Gedurende die tyd van die tweede handves is die enigste regulasies vir handel in Gravesend in Bourne se handskrif geskryf. Dit sou impliseer dat hy 'n amp soos klerk van die mark beklee het. Hy het ook gedurende hierdie tyd as herbergier gewerk, een van veertien in die stad Gravesend.

Duikboot ontwerp

William Bourne 
Duikboot deur William Bourne, in Inventions or Devises, 1578.

Sy ontwerp, uiteengesit in sy boek Inventions or Devises wat in 1578 gepubliseer is, was een van die eerste opgetekende planne vir 'n onderwaternavigasievoertuig. Hy het 'n geslote vaartuig ontwerp wat onder water kon duik deur die totale volume te verminder (eerder as om kamers te oorstroom soos in moderne duikbote), welke vaartuig dan onder die water voortgestu word. Bourne het 'n skip met 'n houtraamwerk wat met waterdigte leer bedek is beskryf, maar die beskrywing was eerder gefokus op algemene beginsels as 'n gedetailleerde plan. Die konsep van 'n onderwater-roeiboot is egter uiteindelik in 1620 deur die Nederlander Cornelius Drebbel in werking gestel, en Nathaniel Symons het in 1729 'n 'sinkende boot' getoon met behulp van die uitbreiding en inkrimping van die boot om dit onder te dompel.

Hierdie duikboot was die onderwerp van 'n moderne herskeppingspoging in die derde seisoen van die TV-reeks "The Re-Inventors" se episode getiteld "Bourne Submarine". Die herskeppingspoging het beperkte funksionaliteit getoon voordat dit gesink het toe die waterdruk sommige membrane tydens 'n toetsdaling laat bars het.

Uitvindings of toestelle

William Bourne 
Die eerste bladsy van Inventions or Devises deur William Bourne, gepubliseer in 1578

Inventions or Devises, gepubliseer in 1578, is een van William Bourne se belangriker werke. Hierdie boek bevat verskeie gidse en instruksies vir matrose, meestal rakende interaksie met ander skepe. Die 21ste toestel wat gelys word, is die vroegste bekende beskrywing van 'n skeepslog en lyn wat hy toeskryf aan Humprey Cole, 'n offisier van die Toringmunt. Die 75ste toestel op die lys is 'n beskrywing van 'n nagsein of vroeë semafoorstelsel wat gebruik moet word tussen mense op verafgeleë skepe wat voor die tyd besluit op 'n kode soos byvoorbeeld 'n reeks ligseine.

Die 110ste inskrywing is 'n soort teleskoop. Die toestel is glo deur die wiskundige en landmeter Leonard Digges gebruik. Bourne is gevra om dit te ondersoek deur koningin Elizabeth I se hoofadviseur, Lord Burghley. Bourne het in sy verslag opgemerk dat die toestel werk, maar dat dit 'n baie smal gesigsveld het, wat dit onprakties maak in militêre toepassings). Hierdie 'agteruit' weerkaatsende teleskoop het die vroegste bekende werkende teleskoop met 30 jaar voorafgegaan, maar dit lyk asof dit te lomp was en is dus nie ontwikkel nie.

Gedeeltelike lys van publikasies

  • An Almanac and Prognostication for Three Years, 1571
  • William Bourns booke of artillery, 1572 (konsep manuskrip)
  • Treasure for Travellers, 1572/3
  • Art of Shooting in Great Ordnance, 1572/3
  • A Regiment for the Sea, 1574 (11 Engelse uitgawes van 1574 tot 1631, en ten minste 3 Nederlandse uitgawes beginnende in 1594)
  • A Booke called the Treasure for Traueilers, 1578 (hergepubliseer in 1641 as A Mate for Mariners)
  • Inventions or Devises. Very Necessary for all Generalles and Captaines, as wel by Sea as by Land, 1578
  • The Arte of Shooting in Great Ordinance, 1578, 1587, 1643
  • "On Optical Glasses," ge-transkribeerde manuskrip gepubliseer in Halliwell se Rara Mathematica.

Verwysings

Eksterne skakels

  • William Bourne  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

William Bourne Lewe in GravesendWilliam Bourne Duikboot ontwerpWilliam Bourne Uitvindings of toestelleWilliam Bourne Gedeeltelike lys van publikasiesWilliam Bourne VerwysingsWilliam Bourne Eksterne skakelsWilliam BourneDuikbootEngelseKoninklike Britse VlootNavigasieWiskundige

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrgasmeGeelslangKindermishandelingHaaieC.J. LangenhovenViëtnamoorlogTandbederfAnale kankerSlawernyYsterSterSwangerskapKrokodilFiela se kindJohann de LangeDurbanDiskriminasieAfkortingSpeelkaartJesus van NasaretMobutu Sese SekoOorkruipersKlimaatsverandering in Suid-AfrikaAfleiding (taalkunde)KangogrotteKopieregMickey MuisRuimteDubbelpuntBybelIdioomMadison IvyIntensiewe vormLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaCristiano RonaldoDie GelofteLien se lankstaanskoeneGrondEendbekdierPornhubAfrikaanse Taalmonument (Welkom)SwemVerkragtingRacheltjie de BeerIndustriële RevolusieBaljuSeksuele penetrasieHannes van WykGeskiedenis van Suid-AfrikaJo BlackHindoeïsmeLys van Griekse mitologiese figureWinterUitwerking van klimaatsveranderingAngolaDemokrasieGetalVlag van Suid-AfrikaVerenigde KoninkrykSimboolProteaDuitsOlimpiese SpeleAarverkalkingSelfbeeldGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaAnglisismeHibernasieMartin Luther King jr.PuberteitLionel PetersonCarike KeuzenkampKonflik (proses)Koue OorlogKriekByung-Chul HanWhatsApp🡆 More