Wellington, Wes-Kaap: Dorp in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika

Wellington is 'n dorp in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, wat in 1840 na die hertog van Wellington genoem is.

    Hierdie artikel handel oor die dorp in die Wes-Kaap. Vir plekke elders met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsblad by Wellington.

Dit is die geboorteplek van die Voortrekker Piet Retief en generaal J.B.M. Hertzog en maak deel uit van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit waarvan Paarl die setel is. Dit het in 2011 'n bevolking van 55 543 gehad.

Wellington
Wellington se NG moederkerk troon uit bo Kerkstraat
Wellington se NG moederkerk troon uit bo Kerkstraat
Wellington is in Wes-Kaap
Wellington
Wellington
Wellington, Wes-Kaap: Wapens, Joodse gemeenskap, Bekende boorlinge Wellington se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°38′30″S 19°0′16″O / 33.64167°S 19.00444°O / -33.64167; 19.00444 19°0′16″O / 33.64167°S 19.00444°O / -33.64167; 19.00444
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikKaapse Wynland
MunisipaliteitDrakenstein
Stigting1840
Oppervlak
 • Totaal30,16 km2 (11,64 vk. myl)
Hoogte
99 m (325 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal55 543
 • Digtheid1 842/km2 (4 770/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense15.4%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense67.3%
 • Swart mense16.2%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 81.2%
 • Xhosa 10.7%
 • Engels 5.9%
 • Ander 2.1%
Poskode (strate)
7655
WebwerfWellington Tourism

Dit was oorspronklik "Wagenmakersvallei" en tot die koms van die motorkar een van Suid-Afrika se belangrikste wamakersentrums. 'n Sentrum vir wyn, koring en vrugte met 'n belangrike inmaakfabriek vir droëvrugte is in die dorp geleë, asook 'n belangrike opleidingsentrum en tuiste van die Hugenote Kollege, in 1874 gestig as Hugenote-Seminarie, eerste inrigting in Suid-Afrika vir hoër onderwys vir vroue. Dit is die tuiste van 'n afdeling van die Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en die jaarlikse Stokkiesdraaifees.

Die dorp spog met 'n aantal historiese Kaaps-Hollandse huise, waaronder die bekende Twist Niet in Bergstraat. Langs die pad na die nabygeleë dorpie Bovlei kan die kerk van die Nederduitse Gereformeerde sendingstasie Wagenmakersvallei besigtig word. Die kerkgebou is in 1820 gewy.

Noord van die dorp, op die plaas Versailles, staan 'n historiese blokhuis uit die Tweede Vryheidsoorlog.

Wellington, Wes-Kaap: Wapens, Joodse gemeenskap, Bekende boorlinge
Wellington se sakekern, met die NG kerk Moedergemeente en die sneeubedekte Wemmershoekspits daaragter


Wapens

Munisipaliteit (1) — Wellington was van 1873 tot 1996 'n munisipaliteit. Die raad het in 1918 'n skynheraldiese "wapen" in gebruik geneem. Die skild was blou, met 'n landskaptoneel daarop. Die hertog van Wellington se skildhouers, nl. twee rooi leeus met goue krone om hulle halse, is daarby gevoeg.

Munisipaliteit (2) — 'n Heraldieskorrekte wapen is in 1948 in gebruik geneem : Kepersgewys verdeel, silwer en blou, in die skildhoof twee skywe, ook blou, elk belaai met 'n goue fleur-de-lis, en in die skildvoet 'n silwer Hugenotekruis. Die skildhouers is behou, en silwer ankers is tot die goue krone gevoeg om hulle te differensieer. Die wapenspreuk is "Par foi et loyaute". Die wapen is in 1987 by die Buro vir Heraldiek geregistreer, en 'n blou muurkroon is toe as helmteken bygevoeg. Ivan Mitford-Barberton en H. Ellis Tomlinson het die wapen ontwerp.

Joodse gemeenskap

Soos baie ander plattelandse dorpe het Wellington vroeër 'n groot en aktiewe Joodse gemeenskap gehad. Hulle het in 1902 grond vir 'n sinagoge gekoop, en Isaiah Goldstein het die hoeksteen op 24 Augustus 1921 gelê. Die huis langs die sinagoge is in 1942 gekoop, en in 1945 is nog eiendom aangeskaf en in 'n gemeenskapsaal en Hebreeuse Skool omskep. Dié geboue is in 1981 verkoop en die dorp se oorblywende nege Joodse gesinne het by die Paarlse gemeente aangesluit. Die gebou huisves nou (2012) die gemeente van die Nuwe Apostoliese Kerk.

Bekende boorlinge

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Wellington, Wes-Kaap WapensWellington, Wes-Kaap Joodse gemeenskapWellington, Wes-Kaap Bekende boorlingeWellington, Wes-Kaap Sien ookWellington, Wes-Kaap VerwysingsWellington, Wes-Kaap Eksterne skakelsWellington, Wes-Kaap1840Drakenstein Plaaslike MunisipaliteitJ.B.M. HertzogPaarlPiet RetiefSuid-AfrikaWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bruin menseErosietipesSinkNoord-Sotho (taal)BrandbergGrondTrekarbeidMigrasie van voëlsLika BerningAlkoholismeGeldJeuksiekteSpringbokkeBakterieMieliestronkGroepsgebiedewetPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVleilandAardverwarmingHannes van WykBrittany Ashton HolmesAfro-AmerikanersSamestellende afleidingAfrikaPlantKopieregEngelsCheslin KolbeSwangerskapNatuurrampLiewe HeksieVreesGautengGeskiedenis van AfrikaansNamakwalandPrimêre sektor van die ekonomieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalMurunwa MakwarelaNelson MandelaVerkoueKoos du PlessisTarentaleDistrik SesBurgerregteCalviniaTelevisieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeCleopatra VIISuiwelprodukTikTokOntwerpBeëdigde verklaringJode in Suid-AfrikaWerkloosheidJSESpinnekopGewone breukeLettergreepAfrikaanse WikipediaOplossing (chemie)DigtheidPlastiekLongJohan BadenhorstMondBek-en-klouseerSanskritEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKonsentrasiekampSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MeeueKoos BekkerSwawelVennootskap🡆 More