Kerkbode

Die Kerkbode is die amptelike orgaan van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat in 1849 deur dr.

Abraham Faure as De Gereformeerde Kerkbode opgerig is. Later het dit as De Kerkbode en Die Kerkbode bekendgestaan, maar in 2003 is die "die" in die titel laat vaar. Die blad verskyn elke twee weke.

Kerkbode
Die Kerkbode het op 8 September 1937 'n foto van die kerkgebou van die NG gemeente Johannesburg op sy voorblad geplaas ter viering van die 50ste bestaansjaar van die oudste gemeente aan die Rand. Daar was toe reeds 22 gemeentes in die gebied met 62 000 lidmate.
Kerkbode
Ds. G.S. Malan, redakteur van 1913 tot 1918.
Kerkbode
Ds. P.G.J. Meiring, redakteur van 1921 tot 1938.
Kerkbode
Ds. Gideon Möller, redakteur van 1970 tot 1986.

Dit is die oudste blad van sy soort in Suid-Afrika. In sy eerste 160 jaar het die Kerkbode 19 redakteurs gehad, onder wie bekende figure soos die omstrede teoloog prof. John du Plessis, ds. P.G.J. Meiring, latere leier van die Konserwatiewe Party dr. Andries Treurnicht, kerkleier en skrywer dr. Frits Gaum en skrywer en voormalige moderator Johann Symington.

Die Kerkbode se sirkulasie het deur die jare gewissel tussen 10 000 en 50 000 en dit was in 'n stadium veel invloedryker as wat die omset 'n mens sou laat vermoed.

In 2009 skakel die blad oor na 'n formaat wat meer aan 'n tydskrif as koerant herinner, maar dit dra steeds al die kerk se amptelike berigte asook die meeste betrekkings in die NG Kerk en in sy meer as 1 100 gemeentes. Dit word op Wellington uitgegee. Adri-Louise van Renen-Fourie was van 2011 die eerste vroulike redakteur van die Kerkbode tot sy in 2013 om gesondheidsredes moes bedank. Sy is op Sondag 15 Junie 2014 oorlede nadat lewerkanker twee jaar vantevore by haar gediagnoseer is.

Bronne

  • Gaum, Frits, dr. (hoofred.), Christelike Kernensiklopedie, Lux Verbi.BM, Wellington, 2008.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

18492003Abraham FaureNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lærdal-tonnelAardbewingTweede VryheidsoorlogAkroniemMisdaadromanJaco JacobsAardkorsSneeuHomoseksualiteitWapen van Suid-AfrikaFrankrykWoordLys van bekende Suid-AfrikanersBruin huisslangKopieregVersoeningsdagFrederik Willem de KlerkFabelSuiwelprodukStresStadLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaStruktuur van die AardeCheslin KolbeGeslagTienerAfrikaanse WikipediaGrondbesoedelingBlonde stereotipeOmgewingsgesondheidYstertydperkDoelwitIndo-Europese taleInternetMaatskappySeevlakstygingMetaalHernubare energieMenslike skeletMikro-ekonomieKomplementêre kleureArmoedeverligtingLongAartappelIngrid JonkerEjakulasieLys van Suid-Afrikaanse opposisieleiersFinale OplossingLeeudoringstadVolhoubare ontwikkelingBiologieHartKasterolieTropiese huisgeitjieWieg van die MensdomIndonesiëLenteKonsentrasiekampWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBuck AngelWeervoorspellingNaaldekokerRassismeEuropaHuisvliegGalileo GalileiKraaiHarry Herbert CrosbyInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandKommunismeAnneli van RooyenGeskiedenis van AfrikaansWaterpokkiesWoordsoortWinnie Madikizela-Mandela🡆 More