Weesgerus

Weesgerus is 'n vakansieoord naby Modimolle (Nylstroom) in die Limpopoprovinsie.

Die oord beslaan 'n oppervlak van 58 hektaar in die Waterberg-streek, sowat 3 kilometer buite Modimolle en 135 kilometer noord van Pretoria.

Weesgerus
Weesgerus se swembaddens

Verblyf kan in die woonwapark, chalets of een van verskeie gastehuise bespreek word. Dagbesoekers word ook toegelaat.

Die oord het vier verhitte swembaddens, asook drie koues en 'n waterglybaan. Sportliefhebbers kan die geriewe vir tennis, mini-gholf, jukskei en vlugbal benut. Daar is ook 'n snoepwinkel, restaurant en 'n damlapa waar ligte middagetes of 'n skemerkelkie genuttig kan word. Klein bokkies loop vry op die perseel rond.

Die plek word deur welige bosveldplantegroei, soos die boekenhout, vaalbos, wildesering en ten minste 35 ander boomspesies omring. Van die inheemse bome wat hier voorkom is die fluweelboswilg, gewone harpuisboom, laventelboom, suurpruim, gewone drolpeer en stamvrug.

Ongeveer dertig voëlspesies kom in die gebied voor, insluitende die hadeda, kolgans, visarend, gewone tarentaal, rooiborsduifie en die gevlekte muisvoël.

Van die slange wat in die omgewing voorkom sluit in: pofadder, gewone nagadder, swartmamba, Mosambiekse spoegkobra, rinkhals, boomslang en die rooilipslang. Al hierdie slange, met uitsondering van die rooilipslang, is giftig.

Verwysings

Eksterne skakels

28°23′8.56″O / 24.6800111°S 28.3857111°O / -24.6800111; 28.3857111

Tags:

LimpopoModimollePretoriaWaterberg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TuisbladBeesTsongaKernoorlogKoos du PlessisPornografiese subgenresGesondheidKindermishandelingMenstruasieEkonomieAfrikaanse taalleerVenusGodsdiensBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Patriotic AllianceTierMuscat Internasionale LughaweBergNeptunusKrieketBruce FordyceJo BlackViëtnamVoorvoegselRenosterSelfieLiewe HeksieCheslin KolbeBaarmoederErebus (berg)Wêreld- Ekonomiese ForumSonLys van kinderspeletjiesSkaapDroogteOmanKinderregteWoestynSekondêre sektor van die ekonomieMilitêre geskiedenis van Suid-AfrikaPenisRenaissanceLys van Suider-Afrikaanse soogdierePad na jou hartMetaalnywerheidInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandInternet van DingeDoelwitVulkaanChristogramJohannesburgKlein-KarooBorsteLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaTafelbergBysteekMenslike penisgrootteWinterGeskiedenis van Suid-AfrikaPaulus van TarsusMierKerngeneeskundeRooikatGasMasturbasieTropiese sikloonRuan JoshApostoliese GeloofsbelydenisJohn Brown (aktivis)BalletKlein vyf diereJava (programmeertaal)PaasfeesDigvormVisStedelike gebiedKameelperdXhosas🡆 More