Gevlekte Muisvoël

Die gevlekte muisvoël (Colius striatus) is 'n lid van die muisvoëlfamilie, wat slegs in Afrika aangetref word.

Dit is die grootste eksemplaar van die spesie, sowel as die mees algemene. Hulle word gewoonlik in swerms van 12 of meer gesien en snags koek hulle saam, vermoedelik om hul liggaamshitte te behou. Broeityd is in die somer en die nes is 'n slordige kelk bestaande uit takkies wat in 'n boom of struik geplaas is. Drie of vier eiers word gelê.

Gevlekte muisvoël
Gevlekte Muisvoël
'n Muisvoël in Kenia
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Colius
Spesie:
C. striatus
Binomiale naam
Colius striatus
(Gmelin, 1789)

Beskrywing

Gevlekte Muisvoël 
'n Gevlekte muisvoël by Birds of Eden naby Knysna in Suid-Afrika
Gevlekte Muisvoël 
Afgeneem by Bwindi, Uganda

Die voël is sowat 35 cm lank en sy stert maak sowat die helfte van sy lengte uit. Dit weeg sowat 57 gram en het ’n prominente kuif. Sy naam kom van sy vaalbruin tot muisgrys kleur. Die snawel is swart bo-op en pienkerig aan die onderkant.

Hoewel die gevlekte muisvoël raserig kan wees, is hy nie bekend vir sy stem nie. Hulle het ’n tsoe-tsoe-roep terwyl hulle vlieg en ’n tisk-tisk-waarskuwingsroep.

Habitat

Die voëls kom voor van Kameroen ooswaarts na Eritrea en Ethiopië, en suidwaarts deur Oos-Afrika tot in die suidelike dele van Suid-Afrika. Die meeste habitats is vir hulle geskik, buiten die reënwoude en baie droë gebiede. Hulle verkies oop bosveldstreke en kom algemeen voor in savannes en oop woudlande. Hulle word ook dikwels in stedelike gebiede in tuine en boorde gesien.

Ekologie

Die gevlekte muisvoël is ’n vrugtevreter en leef hoofsaaklik van bessies en ander vrugte, blare, sade en nektar, en kies sy kos versigtig van gebied tot gebied.

Hulle is sosiale voëls wat saam eet en mekaar se vere versorg. Hulle volg mekaar dikwels van boom tot boom in ’n soort "volg-die-leier"-spel. Snags sit groepe van 20 of so elk dig opmekaar en op koue nagte kan hulle bewegingloos bly sit. Hulle word dan maklike prooi, maar hul getalle maak dikwels dat hulle veilig bly.

Broeigewoontes

Die voëls broei enige tyd van die jaar. Die neste is groot in vergelyking met die voël en onnet. Dit word gemaak van plant- en dieremateriaal en sluit soms papier of stukkies lap in. Die mannetjie en wyfie bou saam daaraan. Die wyfie lê van een tot sewe eiers, maar gewoonlik drie tot vier. Die klein voëltjies word deur albei geslagte versorg, en soms ook deur ouer voëls uit vorige broeisels. Die eiers broei ná 14 dae uit en die klein voëltjies verlaat die nes vir die eerste keer wanneer hulle 17 tot 18 dae oud is. Ná net meer as ’n maand begin hulle self kos soek.

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Gevlekte Muisvoël BeskrywingGevlekte Muisvoël HabitatGevlekte Muisvoël EkologieGevlekte Muisvoël BroeigewoontesGevlekte Muisvoël VerwysingsGevlekte Muisvoël Sien ookGevlekte Muisvoël Eksterne skakelsGevlekte Muisvoël

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LimfvatstelselVersoeningsdagJaco JacobsAnilingusPoësieLys van musiekinstrumenteSamestellende afleidingJan van TonderKaapse florarykStikstofRamsar-vleilande in Suid-AfrikaHeuningbyPerdebyeVarkgriepSharpeville-slagtingUnie van Suid-AfrikaNag van die lang messeWikipediaSnaarinstrumentMonoloogResensieJan van RiebeeckZack du PlessisSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeGlobaliseringSkaakSokkerDrakensbergeSuid-Afrikaanse randWêreldwye webBybelKoorsAarde se atmosfeerJak de PriesterTweede WêreldoorlogProteïenSwartIntensiewe vormSelfvertroueSkrywerSuid-AfrikaKleurWiskundeHefboomAgtervoegselAardverwarmingSwaelRasionale getalCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaInvloed van vigs op die ekonomieWynand du ToitVeelvoudige sinVoedselkettingWinterKaliumNetbalWaterbesparing in Suid-AfrikaKindermishandelingLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAngina pectorisGeboorteTatoeëermerkKlereTransatlantiese slawehandelAnale seksMeervoudGenadedoodMark (ekonomie)Ingrid JonkerCounter-Strike 2BrandmondsindroomNeurenberg-verhorePubiese hareInfeksieSatelliet🡆 More