Die suurpruim (Ximenia caffra) is 'n klein boom of struik wat aan die familie Olacaceae behoort.
Dit is inheems aan alle tropiese streke, in besonder aan gebiede van Suid-Oos-Afrika in Angola, Botswana, Burundi, Caprivistrook in Namibië, Comore-eilande, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan, Somalië, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Engels staan dit as die "Sourplum" bekend, in Noord-Sotho is dit die "Morokologa" en in Zoeloe die "Umthunduluka-obomvu".
Suurpruim | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Santalales |
Familie: | Olacaceae |
Genus: | Ximenia |
Spesie: | X. caffra |
Binomiale naam | |
Ximenia caffra Sond., (1850) | |
Sinonieme | |
|
Die suurpruim dra jaarliks vrugte. Die vrugte is oor die algemeen suur met 'n droë nasmaak, maar bevat groot hoeveelhede kalium. Die boom self is redelik gehard: dit is bestand teen ryp en ook droogtebestand.
Die boom, vrugte, saad, blare, en wortels is al vir menslike verbruik aangewend, hoofsaaklik medisinaal of vir brandstof. Die bome kan ook vir verskansing en heinings aangewend word. Die boom se FSA-nommer is 103.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Suurpruim, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.