Wairau Bar

Die Wairau Bar, of Te Pokohiwi, is 'n gruisbank van 19 ha wat gevorm het waar die Wairaurivier in Cloudy Bay, Suideiland, Nieu-Seeland, in die see loop.

Dit is 'n belangrike argeologiese terrein wat bewoon is deur verkenners van Oos-Polinesië wat omstreeks 1280 in Nieu-Seeland aangekom het. Dit is die vroegste bekende nedersetting in dié land.

Wairau Bar
Vroeë Maori-voorwerpe van Wairau Bar.

Die gruisbank was met die aankoms van Polinesiërs vermoedelik 'n lae, struikbedekte eiland van 2 tot 3 m hoog, 1,1 km lank en 0,4 km breed.

Ontdekking

Die terrein is in 1939 deur 'n skoolseun, Jim Eyles, ontdek wat in 1942 nog artefakte gevind het. In vroeë ondersoeke is 'n begrafnisterrein ontdek. Bene het verstrooid gelê naby die oppervlak. Eers is gedink dit was as gevolg van ploegwerk, maar 'n verdere ondersoek het getoon die terrein is die een of ander tyd getref deur óf groot golwe óf 'n tsoenami.

Met die tegnieke van destyds is sowat 2 000 artefakte en 44 menslike skelette verwyder en ondersoek. Die rekord wys blykbaar die gedeeltelike skelette van verskeie kinders is in vlak grafte ontdek, maar hulle was in so 'n slegte kondisie dat die ondersoekers onwillig of nie in staat was nie om die fragmente te hou.

Die ondersoek het getoon die mense het dieselfde landboumetodes gebruik as mense in Oos-Polinesië, veral die Marquesaseilande. Altesaam 69 dissels (antieke byle) is by Wairau Bar ontdek, asook 80 driehoekige hengellokase van klip of been.

Menslike oorskot

In 2009 is in 'n moderner studie deur Buckley et al. bevind die skelette was van 'n wye verskeidenheid geraamde ouderdomme. Geen van die skelette was van ou mense nie. Die oudste een was 39 en die tweede oudste 36. Die meeste skelette was van mense wat in hulle 20's was. Geen skelette van kinders en net een van 'n tiener is gevind. Dit stem ooreen met die gewoonte dat jonger mense elders begrawe is, 'n praktyk wat redelik algemeen in die gebied om die suidelike Stille Oseaan was.

Die 21 skelette met tande het almal emaljedefekte getoon, wat beteken hulle het lang stresvolle tydperke in hulle kinderjare deurgemaak. Tandbederf was seldsaam, veral onder mans. Baie van die skelette het tekens van óf infeksie óf 'n slegte dieet getoon.

Al die volwassenes het geheelde beenbreuke gehad, wat dui op 'n gebalanseerde dieet en ondersteunende gemeenskapstruktuur. Baie skelette het tekens van moontlike tuberkulose getoon, en dit is in 2010 met DNS-ontledings bevestig. Bloedarmoede en artritis was algemeen. Die mans was gemiddeld 175 cm lank en die vroue 161 cm. Die vroeë setlaars was dus lank in vergelyking met die meeste Polinesiërs. Die skelette is almal in vlak grafte aangetref, met die koppe wat ooswaarts en die voete wat weswaarts wys, soos die praktyk in Oos-Polinesië was.

DNS-studie

Drr. Lisa Matisoo-Smith en Michael Knapp van Nieu-Seeland se Otago-universiteit het die resultate bekend gemaak van 'n onlangse DNS-studie van die bene en tande van vroeë Polinesiese migrante na Nieu-Seeland wat omstreeks 1285-1300 by Wairau Bar gewoon het. Die resultate van DNS-toetse bevestig die idee dat van dié mense oorspronklik setlaars van Oos-Polinesië was, want hulle het 'n dieet gehad met sagte en styselagtige kos as basis. Die twee ander begrafnisgroepe toon 'n baie verskillende, meer gevarieerde dieet wat ooreenstem met dié van mense wat in Nieu-Seeland grootgeword het. Wetenskaplikes het bevind dat daar 'n groot omvang DNS-mutasies was, wat daarop dui dat setlaars deel van 'n redelik groot groep was. Dit dui op 'n beplande migrasie, eerder as 'n komp klein groepe. Een van die mutasies word verbind met insulienverwerping soos in tipe 2-diabetes. Die DNS-patroon stem baie ooreen met dié wat in dieselfde tyd in die Marquesaseilande in Oos-Polinesië aangetref is.

Verwysings

Skakels

  • Wairau Bar  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Wairau Bar OntdekkingWairau Bar Menslike oorskotWairau Bar VerwysingsWairau Bar SkakelsWairau BarArgeologieNieu-SeelandPolinesiëSuideiland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Australië7de LaanDeelwoordSpeelkaartErosietipesBesnydenisReënspinnekopSpringbokkePesachAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKoolhidraatMenslike seksuele gedragWoordeboek van die Afrikaanse TaalLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWerkersdagLionel PetersonGesondheidKameelperdSelfoonWiskundeAkademiaKarakteriseringTienie HollowayPuberteitPerdNarsistiese persoonlikheidsteuringPotchefstroomStaalElon MuskPankreasSosiale mediaMorfologie (taalkunde)Anrich HerbstSwawelMondKunsVeerLika BerningHeupRobert SobukweKleurKappie (skryfteken)AtoomGewone breukeStedelike gebiedTydKoos BekkerBruin huisslangMetafoorRegverdige handelCarike KeuzenkampVars waterJohn Samuel SchlesingerOogproblemeKoperAfrikaEkonomie van Suid-AfrikaBetonLys van myne in Suid-AfrikaHaasKatherine JohnsonMigrasie van voëlsSelfstandige naamwoordKonsentrasiekampVerkoue19de eeuMenslike skeletTandbederfSlawernyAngssteuringEllipstekenTuberkuloseBelastingKangogrotte🡆 More