Die nasionale vlag van Burundi is op 28 Maart 1967 amptelik in gebruik geneem.
Die vlag vertoon ’n Sint Andrieskruis wat die vlag verdeel in vier driehoeke met bo en onder in rooi en links en regs (vlagpaalkant en wapperkant) in groen; in die middel van die vlag is ’n wit skyf met drie sespuntige rooi sterre met groen fraaiings.
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 28 Maart 1967 |
Ontwerp | ’n Wit Sint Andrieskruis verdeel die vlag in ’n rooi driehoek bo en onder en ’n groen driehoek aan die vlagpaalkant en die wapperkant. In die middel is ’n wit skyf met drie sterre. |
Die groen simboliseer hoop, die wit simboliseer reinheid en die rooi simboliseer die bloed wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid. Die drie sterre in die skyf stel die drie vernaamste etniese groepe van Burundi voor: die Hutu, die Twa en die Tutsi. Die drie sterre staan ook vir die drie elemente in die nasionale leuse: eenheid, werk en vooruitgang.
Tot 27 September 1982 was die verhouding van die vlag 2:3 deur amptelike regulasies.
Wiki Commons bevat media in verband met Vlae van Burundi. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vlag van Burundi, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.