Die nasionale vlag van Algerië (Arabies: علم الجزائر, Frans: Drapeau de l’Algérie) is op 3 Julie 1962 amptelik in gebruik geneem.
Die vlag vertoon twee gelyke vertikale bane van groen en wit met die wapenfiguur in die middel wat bestaan uit ’n rooi vyfpuntige ster en ’n Turkse halfmaan.
Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 3 Julie 1962 |
Ontwerp | ’n Rooi ster en Turkse halfmaan in die middel van die vlag op ’n vertikale tweekleurige agtergrond met groen teen die vlagpaal en wit aan die wapperkant. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 2:3 |
Ontwerp | Soos bo met twee rooi gekruisde onklaar ankers in die skildhoek. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Die wit kleur stel vrede voor; die groen natuurskoon; die rooi die bloed van gesneuweldes in die stryd om onafhanklikheid in die Algerynse oorlog (1954–1962) en die ster en halfmaan verteenwoordig Islam.
Die maan en ster is presies in die middel van die vlag, waarby die ster een kwart van die hoogte opneem en die maan die helfte. Die boonste en onderste punt van die ster is op dieselfde hoogte as die uiteinde van die maan.
Die kleurskema word hieronder gelys:
Rooi | Groen | Wit | |
---|---|---|---|
RGB | 210-16-52 | 0-114-41 | 255-255-255 |
Heksadesimaal | #d21034 | #007229 | #ffffff |
CMYK | 0, 92, 75, 18 | 100, 0, 64, 55 | 0, 0, 0, 0 |
Pantone | 186 C | 356 C | Wit |
Die vlag is amptelik in gebruik geneem toe Algerië onafhanklikheid van Frankryk verkry het. Dit is soortgelyk aan die vlag wat sedert 1958 deur die Algerynse regering (wat toe in ballingskap was) gebruik is.
Die vlag is sowel geïnspireer deur die 19de eeuse standaard van Adb el-Kader as deur die Turkse vlag. Die standaard van Abd el-Kader het uit twee ewe breë vertikale bane in groen en wit bestaan. Die Turkse vlag was in gebruik toe die noorde van die huidige Algerië tot die Ottomaanse Ryk behoort het.
Wiki Commons bevat media in verband met Vlae van Algerië. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vlag van Algerië, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.