Die nasionale vlag van Pakistan (Oerdoe: قومی پرچم, Qaumī Pārc̱am) is op 11 Augustus 1947 amptelik in gebruik geneem.
Die vlag vertoon ’n vertikale wit baan aan die vlagpaalkant met ’n enkele groen baan in die wapperkant met ’n ster en sekelmaan in wit daarop. Die Pakistanse nasionale volkslied (قومی ترانہ, Qaumī Tarānah) verwys in die derde vers met die woorde پرچمِ ستاره و ہلال رہبرِ ترقّی و کمال – "Vlag met die ster en sekelmaan, die leier van vordering en opstyg" – na die vlag.
Bynaam | (ur) Parc̱am-e Sitārah o-Hilāl (af) Vlag van die sekelmaan en ster |
---|---|
Gebruik | Staats- en Oorlogsvlag |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 11 Augustus 1947 |
Ontwerp | ’n Vertikale wit baan aan die vlagpaalkant met ’n enkele groen baan in die wapperkant met ’n ster en sekelmaan in wit daarop |
Ontwerp deur | Amiruddin Kidwai |
Die groen stel Islam en die Moslemse meerderheid in Pakistan voor terwyl die it baan religieuse minderhede en minderheidsgelowe voorstel. Die ster en sekelmaan stel onderskeidelik lig en vooruitgang voor. Die vlag in geheel stel Pakistan se toewyding aan Islam en die regte van religieuse minderhede voor. Dit is gebaseer op die oorspronklike vlag van die Moslemliga wat op sy beurt sy inspirasie uit die vlag van die Sultanaat Delhi, die vlag van die Ottomaanse Ryk en die vlag van die Mogolryk gekry het.
Die amptelike ontwerp van die nasionale vlag is deur die Wetgewende Vergadering aanvaar, tesame met ’n definisie van die eienskappe en verhoudinge. Volgens die amptelike spesifikasies is dit ’n donkergroen vlag met die verhouding 2:3. Die wit vertikale baan aan die vlagpaalkant is ’n kwart van die breedte van die vlag.
Die kleurskema word hieronder gelys:
Groen | Wit | |
---|---|---|
RGB | 1/65/28 | 255/255/255 |
Heksadesimaal | #01411cff | #FFFFFF |
CMYK | 98/0/57/75 | 0/0/0/0 |
Die Departement van Binnelandse Sake verskaf dimensies van die vlag vir verskillende omstandighede:
Voor die Tweede Wêreldoorlog het Moslems en Hindoes tesame in Brits-Indië gewoon. ’n Aantal Moslems het die Moslemliga gevorm. Na die Tweede Wêreldoorlog, toe Pakistan onafhanklikheid verkry het in 1947, het die vlag van die Moslemliga gedien as die basis vir die vlag van Pakistan.
Ander vlae in gebruik in Pakistan sluit in:
Wiki Commons bevat media in verband met Vlae van Pakistan. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vlag van Pakistan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.