Vingerplant

Die vingerplant of Fatsia japonica (ook Aralia japonica) is ’n spesie blomplante in die familie Araliaceae.

Dit is inheems aan Suid-Japan en Suid-Korea.

Vingerplant
Vingerplant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Subdivisie:
Klas:
Eudicotyledonae
Orde:
Apiales
Familie:
Genus:
Fatsia
Spesie:
F. japonica
Binomiale naam
Fatsia japonica
(Thunb.) Decne. & Planch.

Die naam "fatsia" kom van die oud-Japannese woord vir "agt" (hachi in moderne Japannees) en verwys na die "agt" lobbe. Die naam "aralia" kom van die genus Aralia wat vroeër ’n breër interpretasie gehad het.

Eienskappe

Vingerplant 
Die vrugte van die vingerplant.

Dit is ’n immergroen struik wat sowat 3 tot 6 meter hoog word. Die stewige stamme het min takke. Die groot blare kom in ’n spiraalpatroon voor en word 20 tot 50 cm breed. Dit het 7 tot 9 breë lobbe en lyk soos die vingers aan ’n menslike hand, vandaar die Afrikaanse naam. Die blomme is klein en wit en kom voor in die laat herfs tot vroeë winter, gevolg deur klein, swart vrugte.

Dit is ’n bekende sierplant in warm klimaatstreke waar dit in die winter nie kouer as -15 °C word nie. Daar is ook ’n kultivar met die naam F. japonica 'Variegata'.

Probleme

Van die voorkoms van die blare kan afgelei word of die plant te warm, koud, droog of nat is. Plantluise kan voorkom.

Die sap, wat taai en gomagtig is, kan by sommige mense ’n veluitslag veroorsaak.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Vingerplant EienskappeVingerplant ProblemeVingerplant VerwysingsVingerplant Eksterne skakelsVingerplant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BurgerregteDysselsdorpOutismeZack du PlessisKameelperdAkuutPornografiese akteurAborsieAgtervoegselMaagsweerLys van bekende Suid-AfrikanersSuiwelprodukLeonardo da VinciToestand van materieMobutu Sese SekoProteaFinale OplossingLys van Kaapstad se voorstedeMaatskappyNasiebouKorrupsieNazi-DuitslandArabiesSwartrenosterOrgasmeJavaScriptVoornaamwoordDieregeluideTuberkuloseHeks van HexrivierBerilliumWortelLys van Suid-Afrikaanse musikanteYsterWinnie Madikizela-MandelaRookgewoonteKlinkerAsiëOranjerivierNatuurlike hulpbronChemiese elementDriedimensioneelVeerKamoefleringGeslagsgelykheidE-posOntwikkelende landAtlantiese OseaanBosluisbytkoorsGrondbesoedelingWes-KaapKersfeesGrondsoorteApostoliese GeloofsendingByPretoriaJudaïsmeVolstruisOntdekking van die chemiese elementeSamestellingAnilingusJaco JacobsGroepsdrukVarkgriepVerantwoordelikheidLidwoordVerlede tydReënspinnekopMusiekLeeuEkologieNasionale lied van Suid-AfrikaAvbobBloedvergiftigingLetterlike en figuurlike taalgebruikBraai🡆 More