Vals Memoires

Vals memoires is 'n vorm van letterkundige vervalsing waarin 'n hele of gedeeltelike outobiografie versin en as die werklikheid aangebied word.

In sommige gevalle is die vermeende skrywer ook vals. In onlangse jare was daar verskeie sulke memoires wat deur groot uitgewers gepubliseer is; van hulle het goeie resensies gekry en topverkopers geword, al is daarna bewys hulle is gedeeltelik of heeltemal vervals. In van hulle word beweer die skrywer het groot ontberings, verslawings, armoede en ander verliese gely. Sommige is gedetailleerde beskrywings van Holocaust-oorlewings, met minstens een wat deur 'n werlike Holocaust-slagoffer geskryf is.

As gevolg van onlangse topverkopers wat as vervalsings uitgewys is, is daar 'n beroep vir beter feitekontrolering van skrywers se materiaal.

Openbare ontvangs

'n Paar vals memoires is in onlangse jare deur groot uitgewers gepubliseer en het goeie resensies gekry voordat hulle as gedeeltelike of algehele vervalsings ontbloot is. Fragments: Memories of a Wartime Childhood (Binjamin Wilkomirski), The Blood Runs Like a River Through My Dreams (Nasdijj), Love and Consequences (Margaret Seltzer) en Go Ask Alice (Anoniem) het lof van The New York Times ingeoes voordat bewys is hulle is vals. Love and Consequences (Margaret Seltzer) en Odd Man Out (Matt McCarthy) is deur Penguin Group USA gepubliseer. A Million Little Pieces is deur Random House gepubliseer.

Drie skrywers van vals memoires, James Frey (A Million Little Pieces), Herman Rosenblat (voordat hy Angel at the Fence geskryf het) en Anthony Godby Johnson (A Rock and a Hard Place), het op The Oprah Winfrey Show verskyn. Almal se leuens is eindelik ontbloot en die publikasie van Rosenblat se boek is gekanselleer. Frey, wat deur sy uitgewer Nan Talese vergesel was, is in 'n opvolgepisode deur Oprah gekonfronteer. Die omstredenheid oor vals memoires het Andrea Troy geïnspireer om haar satiriese roman, Daddy – An Absolutely Authentic Fake Memoir (2008), te skryf.

Daar is ook gevalle van mense wat 'n openbare profiel opbou as die oorlewende van 'n rampspoedige voorval met die bedoeling om aandag te trek en voordeel daaruit te trek.

Verwysings

Skakels

  • Vals Memoires  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

HolocaustLetterkundige vervalsing

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrgasmePlae van EgipteWes-SamoaTaalPatriotRoofdier2024 Japannese Grand PrixOrtodokse KerkYouTubeChristo WieseMensPoleNG gemeente MoreletaparkRJ-telefoonpropBrjansk-oblastNederduitse Gereformeerde KerkKatalaanse WikipediaNic de JagerElim, LimpopoNagmaalFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014Hillary Anne MatthewsErica BoyerMasturbasieWiskundige terminologieMiddeleeueSuzuki Vitara BrezzaSannie Uys (skrywer)NierversakingOlimpiese Somerspele 2004WoestynTheodore RooseveltWladimir WisotskiLabia (geslagsdele)Johann RossouwMacauSeeUtahAfrikaanse woordelys en spelreëlsGerrie PretoriusGesinsdagAntarktikaPousKarooSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Bosnië-HerzegowinaJeuksiekteCobus RossouwNarsistiese persoonlikheidsteuringPort SaidSterTolla van der MerweSonsteekThailandLemnosSaccharomyces cerevisiaeRobbeneilandNorwichXhosaNamibiëAnneli van RooyenFotoBloedvergiftigingLys van landeTuberkuloseHemelvaartsdagEpilepsieBaskelandAntoniemGuangdongHindoeïsmeLi KeqiangSluipmoordTuisbladJan BlohmFalklandeilande🡆 More