Publius Licinius Valerianus, bekend as Valerianus I, (ca.
200 - na 260) was van 253 tot 260 die Romeinse keiser. In die nasleep van die slag by Edessa word hy deur die Persiese koning Shapur I gevangene geneem. Valerianus I was die enige Romeinse keiser in die geskiedenis wat 'n krygsgevangene was. Sy gevangeneming het tot groot onstabiliteit in die Romeinse Ryk gelei.
Valerianus het sy voorganger se vervolging van Christene voortgesit. Op 6 Augustus 258 sterf Pous Sixtus II op sy bevel 'n marteldood.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Valerianus, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.