Pous Sixtus Ii

Sixtus II was die 24ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Sixtus II
Pous Sixtus Ii
Geboortenaam Sixtus
Pontifikaat begin 30 Augustus 257
Pontifikaat eindig 6 Augustus 258
Voorganger Stefanus I
Opvolger Dionisius
Gebore
Griekeland
Sterf 6 Augustus 258
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Sixtus
Sint Pous Sixtus II
Pous Sixtus Ii

Gebore Griekeland
Sterfte 6 Augustus 258, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Oosters-Ortodokse Kerk
Pelgrimsoord Basiliek van San Sisto Vecchio
Feesdag 7 Augustus (Rooms-Katolieke Kerk)
10 Augustus (Oosters-Ortodokse Kerk)
Attribute Pouslike tiara, pastorale, palm van martelaarskap, klerklike gewaad
Beskermheilige Bellegra, Caldonazzo, Castelpoggio, Colle d'Anchise, Girgenti di Pescorocchiano, Gombito, Joppolo, Manerbio, Morbello, Nocelleto di Carinola, Onelli di Cascia, Pomezzana, Verolanuova

Biografie

Pous Sixtus II is waarskynlik van Griekse afkoms. Op 30 Augustus 257 volg hy Pous Stefanus I op. Op 6 Augustus 258 sterf hy die marteldood onder die vervolgings van keiser Valerianus saam met ses diakens (Januarius, Vincentius, Magnus, Stefanus, Felicissimus en Agapitus) terwyl hulle die mis opgedra het in die Callixtus katakombe. Eers in 260 word hy opgevolg deur Pous Dionisius. Die naam ‘Sixtus’ beteken in Latyn ‘sesde’, maar die Griekse betekenis van ‘Xystus’, ‘die beskaafde’ is meer waarskynlik. Hy is die eerste pous wat dieselfde naam as een van sy voorgangers gebruik het.

Pontifikaat

In die kwessie oor die ketterdoop het hy versoening bewerkstellig met die heilige Cyprianus en die kerke in Afrika en die Midde-Ooste. Hy skryf die pouslike brief Ad Novatianum en ook 'n traktaat sonder naam.

Verering

Sixtus II word geassosieer met Laurentius van Rome. Beide word as heiliges vereer. Hoewel Sixtus II die mees vereerde vroeë pous was, word Laurentius deesdae meer vereer. Sixtus is begrawe in die Callixtus katakombe. Sy feesdag in die Rooms-Katolieke Kerk is op 7 Augustus en op 10 Augustus in die Oosters-Ortodokse Kerk. Sixtus is die beskermheilige van die wynbou. Op sy feesdag word wingerdstokke geseën. Hy is ook die beskermheilige van die groei van bone en hopende vroue. Hy word aangeroep by nek-, maag- en rugpyn. Met verwysing na die mite van Laurentius van Rome word hy dikwels afgebeeld met 'n muntstuk of 'n geldbuidel.

Rafael het Sixtus verewig in die skildery die Sixtynse Madonna.

Eksterne skakels


Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Stefanus I
Biskop van Rome
257258
Opgevolg deur
Dionisius

Tags:

Pous Sixtus Ii BiografiePous Sixtus Ii PontifikaatPous Sixtus Ii VereringPous Sixtus Ii Eksterne skakelsPous Sixtus Ii NotaPous Sixtus Ii OpvolgingPous Sixtus IiPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WaatlemoenArmoedeMiljardKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMenstruasieBoelieryHefboomOorstromingIngrid JonkerFinansiële staatBlourokkeGeboorteMisdaadFotosinteseFamilie (verwantskap)LeestekenIngenieursweseWoordeskatBelastingSikloonMieliestronkJacques LootsSwartMateriaalJodeKindersiektesPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSeekoeiOlimpiese SpeleRassismeLys van nedersettings in Suid-AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyPresident van Suid-AfrikaBlaarWater (molekuul)Tweede VryheidsoorlogMierProstaatkankerInflasieWes-KaapAardeMorfologie (taalkunde)Maatskaplike verantwoordelikheidGianna MichaelsPoesTrappe van vergelykingFacebookSokkerLEreksieWikiquoteBeeldspraakNamibiëMonopolieMiddeloorontstekingLys van Griekse mitologiese figureLettergreepKoolhidraatAfrikaanse WikipediaAborsie in Suid-AfrikaHidroëlektrisiteitVrymesselaryJohannesburgDaggaNasiebouStadPornografiese subgenresSteve BikoRugbyLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaToerismeStikstofPriemfaktorAnglo-Boereoorlog🡆 More