Thomas MacDonald (gebore 21 September 1988), professioneel bekend as Tom MacDonald, is 'n onafhanklike Kanadese kletsrymer, sanger, liedjieskrywer en YouTuber.
Sy liedjie "Fake Woke", waarin hy krities is teenoor kanselleerkultuur, wat veral algemeen voorkom in die Verenigde State, bereik in Januarie 2021 nommer een in verkope in die Amerikaanse Hip-hop- en kletsrymgenres en iTunes verkope.
Tom MacDonald | |
---|---|
Geboortenaam | Thomas MacDonald |
Ook bekend as | Clout chaser WHITEBOY |
Gebore | 21 September 1988 Edmonton, Alberta, Kanada |
Genres |
|
Beroep(e) |
|
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2014 – teenswoordig |
Assosiasies |
|
MacDonald het in sy tienerjare vir ses jaar as 'n professionele stoeier in Kanada vir die National Wrestling Alliance, Elite Canadian Championship Wrestling, Real Canadian Wrestling, Prairie Wrestling Alliance, en Monster Pro Wrestling gewerk.
MacDonald het in 2009 met sy loopbaan in rapmusiek begin. Sy eerste album, LeeAnn's Son, is in 2014 vrygestel. Gedurende die tyd het hy sy eie YouTube-kanaal begin met die enkelsnit "Wannabe". Sy aanvanklike sukses het begin na sy 2017-enkelsnit, "Dear Rappers".
MacDonald het in 2017 begin uitgaan met die Kanadese kletsrymer Nova Rockafeller. Hulle is medebestuurders van die punkgroep "GFBF".
Hy woon tans in Los Angeles, Kalifornië.
MacDonald noem The Beatles, Pink Floyd, Led Zeppelin, Black Sabbath, Joe Cocker, Janis Joplin en Aerosmith as musikale invloede en inspirasie. In sy grootwordjare was die eerste albums waarna hy geluister het 2Pac se All Eyez on Me, Eminem se The Marshall Mathers LP en Marilyn Manson se Smells Like Children.
Samewerkings
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Tom MacDonald, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.