Toetmoses Iii: Antieke Egiptiese farao

Toetmoses III (ook bekend as Thutmose of Tethmosis) was die sesde farao van die 18de Dinastie van Antieke Egipte.

Toetmoses III
Ook Thutmose, Tethmosis, ens.
Toetmoses III se standbeeld in die Luxor-museum.
Toetmoses III se standbeeld in die Luxor-museum.
Farao van die 18de Dinastie
Periode 1479-1425 v.C.
Voorganger Hatsjepsoet
Opvolger Amenhotep II
Vader Toetmoses II
Moeder Inset
Gebore 1481 v.C.
Oorlede 1425 v.C.
Toetmoses III in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
E1
D40
N28
m
S40t
O49
Toetmoses Iii: Bewind, Dood, Verwysings
Nebty-naam
G16
V29sw
t
M17M17ra
Z1
W19mQ3 t
N1
Goue Horus-naam
G8
S42F9
F9
D45
N28
Z3
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
Toetmoses Iii: Bewind, Dood, Verwysings
ramnxpr
Toetmoses Iii: Bewind, Dood, Verwysings
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
Toetmoses Iii: Bewind, Dood, Verwysings
G26mss
Toetmoses Iii: Bewind, Dood, Verwysings
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Tydens die eerste 22 jaar van sy bewind was Toetmoses ’n medeheerser saam met sy tante en stiefma, Hatsjepsoet, wat die farao was. Hulle het gelyke status gehad en hy was die hoof van haar weermag.

Ná haar dood het hy as alleenheerser die grootste Egiptiese ryk nog opgebou; hy het nie minder as 17 militêre veldtogte onderneem nie, en het van Nija in Noord-Sirië tot die Vierde Katarak (waterval) van die Nyl in Nubië verower.

Toetmoses III het amptelik byna 54 jaar lank regeer, van 24 April 1479 v.C. tot 11 Maart 1425 v.C. – dit sluit die 22 jaar in dat hy medeheerser was. Tydens die laaste twee jaar van sy bewind het hy sy seun en opvolger, Amenhotep II, as sy junior medeheerser aangewys.

Toetmoses Iii: Bewind, Dood, Verwysings
Die Obelisk van Toetmoses III, wat nou in Istanboel, Turkye, staan. Keiser Theodosius I van Bisantium het die obelisk in 390 in drie stukke laat sny en na die destydse Konstantinopel gebring. Net die boonste deel het bewaar gebly.

Bewind

Toetmoses III word algemeen beskou as ’n militêre genie. Hy het Egipte aktief uitgebrei en word soms "Egipte se grootste veroweraar" of die "Napoleon van Egipte" genoem. Hy het tydens sy bewind glo 350 stede verower tydens 17 militêre veldtogte. Dit sluit ’n groot deel van die Nabye-Ooste in, van die Eufraat tot in Nubië. Sy veldtogrekords is teen die mure van die Tempel van Amoen by Karnak aangebring. Dit is die mees gedetailleerde en akkurate weergawe van enige farao se bewind.

Toetmoses het Egipte in ’n internasionale supermag omskep. Hy het eers swakker dorpe een vir een verower en so stadigaan sy mag oor ’n hele gebied uitgebrei. Een van die redes vir sy militêre sukses was die beter wapens wat Egipte leer gebruik het nadat die Hyksos die land oorgeneem het, soos strydwaens wat deur perde getrek is. Hy het min weerstand van sy bure gekry en Egipte maklik uitgebrei.

Hy was ook ’n aktiewe bouer en het meer as 50 tempels laat bou, hoewel baie van hulle nou verlore is en net in geskrewe dokumente genoem word. Hy het ook baie grafkelders vir adellikes help bou, en groter vakmanskap as ooit tevore is in sy tyd aan die dag gelê. Daar was ook groot veranderings in die styl van standbeelde, skilderye en reliëfwerk. Baie daarvan het reeds in die tyd van Hapsjetsoet ingetree.

Dood

Toetmoses Iii: Bewind, Dood, Verwysings 
’n Borsbeeld van Toetmoses III in die Weense Kunshistoriese Museum.

Volgens ’n stelling in ’n biografie van ’n amptenaar met die naam Amenemheb, is Toetmoses dood ná ’n bewind van "53 jaar, 10 maande en 26 dae". Hy is dus dood net ’n maand en vier dae voor die begin van sy 54ste bewindsjaar.

Toetmoses is soos die ander farao's van dié tyd in die Vallei van die Konings begrawe. Sy mummie is in 1881 by Deir el-Bahri ontdek bo die dodetempel van Hatsjepsoet. Hy was begrawe by verskeie ander farao's uit die 18de Dinastie en ’n paar van die 21ste Dinastie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Toetmoses Iii BewindToetmoses Iii DoodToetmoses Iii VerwysingsToetmoses Iii Eksterne skakelsToetmoses Iii18de DinastieAntieke EgipteFarao

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkleinwoordJohn Samuel SchlesingerKoeffisiënt en magswortelDuitse maselsMenseregtedagAfrikanersStadOnderwerp (taalkunde)Geografie van Suid-AfrikaMahatma GandhiAdolf HitlerBeesKlimaatveranderingKapitalismeCremonaBeeldspraakAfkortingNasionalismeOnderhandelinge om apartheid te beëindigKrampBloemfonteinSkoenlapperAfrikaanse TaalmonumentWaarheid-en-versoeningskommissieAardrykskundeBerilliumDroogteKoorsSosiale mediaSpreeuGalileo GalileiRuimteKevin RuddHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLangste woordLikkewaanSelfmoordRobert SobukweVergelykings (taalkunde)OogproblemeSuikersiekteNeo-NazismeBaljuAfrikaanse taalleerPlae van EgipteSeptimius AwardsKalsiumWaterkringloopWetenskaplike klassifikasieWolkBrongitisCheslin KolbeGriekwa-AfrikaansSpeelkaartBloedsomloopstelselAanhalingstekensDuitsKoolhidraatArabiesDysselsdorpKlavierBynierMartin Luther King jr.Lys van elemente volgens simboolDansPotchefstroomKalenderFrankrykGenitale vratWiskundige terminologieSinoniemKolorektale kankerAarverkalking🡆 More