Hatsjepsoet: Antieke Egiptiese farao

Hatsjepsoet of Hatjepsoet (Voorste van Adellike Dames; 1508–1458 v.C.) was die vyfde farao van die 18de Dinastie van Antieke Egipte.

Sy het in 1478 v.C. aan die bewind gekom en saam met haar stiefseun, Toetmoses III, regeer. Sy was die hoofvrou van Toetmoses II. Sy word deur Egiptoloë beskou as een van die suksesvolste farao's en sy het langer regeer as enige vrou van ’n inheemse Egiptiese dinastie. Volgens die Egiptoloog James Henry Breasted is sy ook "die eerste groot vrou in die geskiedenis waarvan ons weet".

Hatsjepsoet
Ook Hatshepsut, Hatjepsoet
’n Standbeeld van Hatsjepsoet in die Metropolitan Museum of Art.
’n Standbeeld van Hatsjepsoet in die Metropolitan Museum of Art.
Farao van die 18de Dinastie
Periode 1479-1458 v.C.
Voorganger Toetmoses II
Opvolger Toetmoses III
Vader Toetmoses I
Moeder Ahmose
Gebore Omstreeks 1508 v.C.
Oorlede 1458 v.C. (op 50)
Monumente Tempel van Karnak
Dodetempel van Hatsjepsoet
Hatsjepsoet in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
wsrst
D28
D28
D28
Hatsjepsoet: Bewind, Dood, Verwysings
Nebty-naam
G16
M13
t
M4M4M4
Goue Horus-naam
G8
G5S24
O34
N17
N17
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
Hatsjepsoet: Bewind, Dood, Verwysings
ramAatD28
Hatsjepsoet: Bewind, Dood, Verwysings
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
Hatsjepsoet: Bewind, Dood, Verwysings
imn
n
W9
t
F4
t
A51
Hatsjepsoet: Bewind, Dood, Verwysings
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Hatsjepsoet was die dogter van Toetmoses I en sy hoofvrou, Ahmes. Haar man, Toetmoses II, was die seun van Toetmoses I en ’n sekondêre vrou, Moetneferet. Toetmoses III was die seun van Toetmoses II en ’n sekondêre vrou, Iset.

Bewind

Hatsjepsoet: Bewind, Dood, Verwysings 
Handelsbande is hervestig tydens Hapsjetsoet se bewind; hier word bome van Poent af ingevoer (Dodetempel van Hatsjepsoet).

In vroeë rekords word Hatsjepsoet genoem as medeheerser van 1479 tot 1458 v.C., wat ooreenstem met jaar 1 tot jaar 21 van die bewind van Toetmoses III. Vandag glo Egiptoloë Hatsjepsoet het die amp van farao aangeneem en die lengte van haar bewind word gewoonlik as 22 jaar aangegee (21 jaar en 9 maande volgens die antieke historikus Manetho, wat toegang tot baie antieke dokumente gehad het wat nou verlore is).

Hatsjepsoet het die handelsbande hervestig wat beëindig is met die besetting van Egipte deur die Hyksos tydens die Tweede Oorgangstydperk. Sy het ook toesig gehou oor die voorbereidings en befondsing van ’n sending na die Land van Poent. Die vyf skepe op die sending het teruggekeer met 31 mirrebome; dit is die eerste poging op skrif om uitheemse bome te plant.

Hatsjepsoet was een van die aktiefste bouers van Antieke Egipte en het honderde bouprojekte in Bo- en Benede-Egipte aangepak. Latere farao's het probeer om aanspraak te maak op die eer vir van haar projekte. Soveel standbeelde is in haar tyd gebou dat feitlik elke groot museum in die wêreld ’n beeld van haar het.

Sy het nes ander farao's monumente laat bou by die Tempel van Karnak. Sy het twee obeliske, wat toe die hoogste ter wêreld was, by die ingang tot die tempel laat oprig. Die een staan vandag nog en is die hoogste antieke obelisk ter wêreld wat behoue gebly het.

Haar meesterstuk was haar dodetempel. Sy het dit by Deir el-Bahri laat bou, op ’n terrein op die westeroewer van die Nylrivier by die ingang van wat nou bekend is as die Vallei van die Konings. Haar geboue was die eerstes wat daar gebou is.

Die dodetempel met sy suile in perfekte harmonie het die fokuspunt van die geboue gevorm; dit is gebou minstens duisend jaar voor die Parthenon. Dit staan bo verskeie terrasse wat eens welige tuine gehuisves het. Dit is gebou in ’n groot krans wat daaragter uittroon. Dié en ander geboue van Hatsjepsoet word beskou as groot vorderings op die gebied van argitektuur.

Dood

Hatsjepsoet: Bewind, Dood, Verwysings 
’n Klipstandbeeld van Hatsjepsoet.
Hatsjepsoet: Bewind, Dood, Verwysings 
Die tempel van Hatsjepsoet met sy talle suile.

Hatsjepsoet is in haar 22ste bewindsjaar oorlede. Die datum wat op ’n enkele stele aangegee word, stem ooreen met 16 Januarie 1458 v.C.

Die oorsaak van haar dood is nie in enige geskrifte gevind nie. As die onlangse identifikasie van haar mummie reg is, het sy egter aan diabetes gely en is sy aan beenkanker dood wat deur haar liggaam versprei het. Sy is begrawe in wat waarskynlik die eerste grafkelder in die Vallei van die Konings was.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Hatsjepsoet BewindHatsjepsoet DoodHatsjepsoet VerwysingsHatsjepsoet Eksterne skakelsHatsjepsoet1478 v.C.18de DinastieAntieke EgipteEgiptoloogFaraoToetmoses III

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GalblaasVryheidsmanifesPinksterPriemgetalGesonde dieetTylaStaatstoelaeSwartrenosterDiarreeIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaBeroerteMaanBlourokkeEiffeltoringSuurstofKunsmisPuberteitWoordsoortHindoeïsmePornhubFrederik Willem de KlerkAborsieGroepsdrukBloedsomloopstelselMiltDoopEskomOnderhoudSowjetunieRacheltjie de BeerDuitsOmtrek, oppervlakte en volumeClanwilliam-sandvisKolonisasieAfleiding (taalkunde)Geskiedenis van Suid-AfrikaVoortrekkersBeeldspraakWiki CommonsAnilingusSkoolKlem-in-die-kaakNiemetaalNieuwoudtvilleSelfmoordOos-KaapLongAlkoholismeAluminiumVraag en aanbodYslandBernice WestHerfsLenteOranjerivierTelevisieDialoog in fiksieSpreeuLandbouKlinkerDesmond TutuGautengSuid-AfrikaGemeenskapsorganisasieBevolkingSpierThys die BosveldklongGoogleAfrikanersLeesKunsAkwariumRomanMaselsVrystaatGrondsoorte🡆 More