Tierslang: Slang spesie

Die tierslang (Telescopus semiannulatus) is 'n slang wat voorkom in die noorde van Suidelike Afrika en verder noordwaarts tot in sentrale Afrika.

Daar is twee tierslange: Beetz se Tierslang wat van die Wes-Kaap tot die Noord-Kaap en Namibië voorkom. Die Damaratierslang (T. s. polystictus)'n sub-spesie en kom van die noorde van die Noord-Kaap tot in Namibië voor. Dit mag 'n aparte spesie wees. In Engels staan dit bekend as die Eastern tiger snake.

Tierslang
Tierslang: Slang spesie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Colubridae
Genus:
Telescopus
Spesie:
T. semiannulatus
Binomiale naam
Telescopus semiannulatus
A. Smith, 1849

By die slang is die kop onderskeibaar van die lyf. Die oë is groot met vertikale pupille. Die rug van die slang is oranjepienk tot dof salmpienk of oranjebruin met 22- 75 donkerbruin tot swart dwarsbande of saalagtige vlekke op die lyf en stert. Die pens is gelerig tot oranjepienk.

Die slang kom voor in 'n verskeidenheid habitats, hoofsaaklik klipperige dele van woestyne, Karoosstruikveld, dorre en vogtige savanne en laaglandwoude. Dit is stadig en is snags aktief; in die dag skuil dit onder stukke plat klip, in klipskeure of onder boombas. Dit is hoofsaaklik 'n grondslang maar waag dit dikwels in bome, struike en ou geboue om kos te soek. Na somerreën seil dit dikwels oor teerpaaie en word baie doodgery. Soos die rooilipslang maak dit 'n indrukwekkende vertoning wanneer hy bedreig of vasgekeer word deur sy kop van die grond te lig en met die lippe oopgesper, aggressief te pik.

In Namibië kan dit verwar word met die koraalslang, skildneuskobra of die sebraslang. Die tierslang se vyande is anders slange en klein karnivore. Hulle vreet hoofsaaklik akkedisse, veral geitjies, jong voëltjies, vlermuise en knaagdiertjies.

Die slang is ovipaar en lê 3 tot 20 eiers in die somer. Die kleintjies is 17 tot 23 cm lank wanneer hulle uitbroei. Die slang se gif word nie as skadelik beskou nie en hou geen gevaar vir die mens in nie.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EwenaarGroot-Brakrivier (dorp)Omtrek, oppervlakte en volumeNasiebouHoofpynSeetherGeestesgesondheidLugbesoedelingMartin Luther King jr.BeesvleisTegnologieBartolomeus DiasAlvin BruindersInternetNasionale VrouedagRob HersovPolitieke partySquare danceSeksuele penetrasieLeer (stof)KoperOorstromingSuid-AfrikaVersamelnaamBelastingGrondwet van Suid-AfrikaGoudSeekatOntwikkelde landSlag van Cuito CuanavaleDroomLLongRuslandBTWOrtopedieVoedingLys van elemente volgens simboolKaapse PlooigordelNuwe TestamentGrondTafelbergGroepsgebiedewetBeesEnkelvoudige sinAnusPlastiekPenisISO 8601Gewone breukePythagoras se stellingBruin huisslangGraanMiddeloorontstekingJeugdagPneumatikaGrootste rampe in Suid-AfrikaHerfsMobutu Sese SekoPaasfeesProteaImpakte van toerismeHeelgetalXenofobieKappie (skryfteken)WisselkoersSteenkoolOorkruipersTradisionele literatuurAngolese BurgeroorlogChatGPTOnderwysPeriodieke tabelNasionalismeStokely Carmichael🡆 More