The O.C.
Die reeks, wat deur Josh Schwartz geskep is, volg die fiktiewe lewens van 'n groep tieners en hul families wat in Newport Beach in Organge County, Kalifornië woonagtig is.
The O.C. | |
Genre | Tiener-drama Komedie-drama |
---|---|
Geskep deur | Josh Schwartz |
Met | Peter Gallagher Kelly Rowan Benjamin McKenzie Mischa Barton Adam Brody Chris Carmack Tate Donovan Melinda Clarke Rachel Bilson Alan Dale Autumn Reeser Willa Holland |
Temamusiekkomponis | Phantom Planet |
Openingstema | California |
Komponis(te) | Christopher Tyng Richard Marvin |
Oorsprong | Verenigde State |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 4 |
Aantal episodes | 92 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | Dave Bartis (Seisoen 1) Bob DeLaurentis Doug Liman (Seisoen 1) McG Stephanie Savage (Seisoen 4; mede-uitvoerende vervaardiger seisoene 1–3) Josh Schwartz |
Vervaardiger(s) | Loucas George John Stephens Mike Kelley David Calloway |
Lokasie(s) | Malibu, Manhattan Beach, Redondo Beach, Torrance, Brentwood, Rancho Palos Verdes, South Pasadena, en Chino, Kalifornië |
Looptydperk | 42 minute (omtrent) |
Produksiemaatskappy | Wonderland Sound and Vision Hypnotic Films Warner Bros. Television |
Verspreider | Warner Bros. Television Distribution |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Fox |
Beeldformaat | 480i (SDTV) 720p (HDTV) |
Eerste lopie | 5 Augustus 2003 – 22 Februarie 2007 |
Webskakels | |
Amptelike webwerf |
The O.C. is in meer as vyftig lande uitgesaai en was een van die gewildste nuwe dramas van 2003. The O.C. het 9.7 miljoen kykers in die eerste seisoen gelok, maar kykertalle het daarna begin daal. Die lae kykertalle het in vroeg 2007 tot die kansellering van die reeks gelei, nadat daar oor vier seisoene altesaam 92 episodes uitgesaai is.
Die reeks draai om Ryan Atwood, 'n besorge tiener uit 'n gebroke tuiste wat deur die ryk en filantropiese Sandy en Kirsten Cohen aangeneem word. Ryan en sy surrogaatbroeder Seth, 'n sosiaal ongemaklike en aanvanklik vriendelose tiener, hanteer die lewe as buitestaanders in die wilde hoë-klas wêreld van Newport Beach. Dít sluit in hul gewoonlik probleem- en immer dramatiese verhoudinge met Summer Roberts, Marissa Cooper, Alex Kelly, Lindsay Gardner, Taylor Townsend, en andere. Die reeks volg ook MArissa se moeder, Julie Cooper, en vir die eerste twee seisoene ook haar gewese man Jimmy Cooper en Kirsten se oorbarende vader Caleb Nichol. Skoolwaterpololspeler Luke Ward, Marissa se ou en vroeë teenkarakter tot Ryan en Seth, veroorsaak in die eerste seisoen probleme. Drama ontstaan ook rondom Marissa se jonger suster, Kaitlin Cooper. Hierdie hoofkarakters het probleme en verhaalboë met talle steunkarakters vanuit hul verledes, werkplek, en skool.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article The O.C., which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.