Thaba Nchu is 'n dorpie in die Vrystaat, Suid-Afrika.
Die N8 nasionale pad gaan deur Thaba Nchu.
Thaba Nchu | |
---|---|
'n Uitsig oor Thaba Nchu | |
Koördinate: 29°12′0″S 26°50′0″O / 29.20000°S 26.83333°O 26°50′0″O / 29.20000°S 26.83333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Munisipaliteit | Mangaung |
Stigting | 1873 |
Oppervlak | |
• Totaal | 36,39 km2 (14,05 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 70 118 |
• Digtheid | 1 927/km2 (4 990/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 0.4% |
• Swart mense | 98.9% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 46.8% |
• Tswana | 40.1% |
• Engels | 3.9% |
• Xhosa | 3.8% |
• Ander | 5.5% |
Poskode (strate) | 9780 |
Poskode (posbusse) | 9780 |
Skakelkode | 051 |
Die area was die vesting van die Barolongstam onder hul hoofman, Moroka, wat hulle in die 1830's hier gevestig het na die stamoorloë met die Matebeles onder leiding van Silkaats. 'n Sendingstasie is hier in 1833 geopen deur die Wesleyaanse sendeling, eerwaarde James Archbell. Aangesien die dorp op die hoofroete van die Groot Trek vanaf die oostelike Kaapkolonie was, en omrede hoofman Moroka die Voortrekkers goedgesind was, het die Voortrekkers hier uitgespan. Die dorp is in 1873 gestig en was deel van Bophuthatswana, een van die voormalige tuislande.
Die dorp lê in die nasionale park Maria Moroka. Die park sluit die grootse gedeelte van die berg Thaba Nchu in en die Groothoekdam is ook in die park.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Thaba Nchu, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.