Table View is 'n groot voorstad van Kaapstad, wat strek vanaf die Rietvleidam weswaarts.
Table View | |
---|---|
Voorstad | |
Die Tafelberg soos gesien vanaf Table View | |
Koördinate: 33°49′0″S 18°29′0″O / 33.81667°S 18.48333°O 18°29′0″O / 33.81667°S 18.48333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,14 km2 (2,37 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 17 390 |
• Digtheid | 2 800/km2 (7 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 7439 (Busse) 7441 (Strate) |
Skakelkodes | 021 |
Een van die VOC se buiteposte aan die Kaap, die Rietvlei-buitepos, was vermoedelik op die terrein wat nou bebou is. Dié buitepos het reeds teen 1676 bestaan. Die Rietvlei-buitepos is van 1768 tot 1791 ook gebruik as 'n private melkery vir die Kaapse goewerneurs. Die held Wolraad Woltemade het daar gewerk.
Die maatskappy Table View Township, oorspronklik ingelyf op 3 Oktober 1942, was die aanvanklike ontwikkelaar. Die maatskappy is op 5 Augustus 1959 oorgekoop deur die maatskappy Milnerton Estates.
Sedertdien het Table View baie vinnig gegroei en die gebied sluit in buurte soos Bloubergrant, 'n bekende toeriste-area met baie restaurante en besighede in die vermaaklikheidsbedryf, die Flamingovlei-area langs die Rietvleireservaat met 'n groot verskeidenheid voëllewe, West Beach, Sunridge, Blouberg Sands, Parklands, Sunningdale en West Riding.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Table View, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.