Vissershok is 'n landelike gebied net noord en noordoos van Table View.
Vissershok | |
---|---|
Koördinate: 33°47′0″S 18°33′0″O / 33.78333°S 18.55000°O 18°33′0″O / 33.78333°S 18.55000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Hoofplek | Kaapstad |
Stigting | 1683 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,84 km2 (0,32 vk. myl) |
Bevolking (2001) | |
• Totaal | 332 |
Rasverdeling (2001) | |
• Bruin mense | 7,2% |
• Swart mense | 92,8% |
Taal (2001) | |
• Xhosa | 87,4% |
• Afrikaans | 8,1% |
• Suid-Sotho | 3,6% |
• Swazi | 0,9% |
Vissershok, die oudste plaas in die Koeberg-omgewing, is in 1683 deur die VOC as 'n buitepos aangelê. Dit is genoem na Hendrik Visser, 'n VOC-amptenaar, wat in 1685 daar gewoon het. Op hierdie veepos is die vee wat van die Khoikhoi geruil is in veiligheid aangehou. Die plaas het vir 'n lang tyd koring, hoenders en vleis aan die Kasteel voorsien. Toe was dit nog moontlik om vanaf Tafelbaai met die Dieprivier na die plaas op te vaar. Hierdie buitepos is 'n tyd grootliks tot die uitsluitlike voordeel van goewerneur Cornelis Jacob van de Graaff (1873–1812) persoonlik benut. Daarom was hy so ongeneë dat dit, soos die Here Sewentien beveel het, as buitepos afgeskaf moet word. Die plaashuis dateer uit 1786.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vissershok, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.