Swjatowid

Swjatowid (ook Svetovid, Suvid, Svantevit, Zvantevith, Świętowit, ens.) was die Slawiese god van oorlog, vrugbaarheid en oorvloed.

Soms word na hom verwys as Beli (of Bjali) Wid (of Vide) (Beli = wit, helder), soos in ’n Serwiese volksgedig:

Swjatowid
Die Zbruch-idool in Krakau, Pole
Swjatowid
Moderne Swjatowid-standbeeld in Głogów, Pole
Swjatowid
Moderne Swjatowid-standbeeld in Otrebusy, Pole

Vojevao Beli Vide
Tri god'ne s kleti Turci
A čet'ri s crni Ugri...

In Afrikaans:

Wit Wid het oorlog gevoer –
Drie jaar teen die vervloekte Turke
En vier teen die swart Hongare...

Voorkoms

Swjatowid word verbind met oorlog en voorspellings. Hy word uitgebeeld as ’n god met twee koppe wat vorentoe kyk en twee wat agtertoe kyk. Een standbeeld beeld hom uit met vier koppe wat elk in ’n ander rigting kyk, ’n simboliese verteenwoordiging van die vier windrigtings, en dalk ook die vier seisoene van die jaar. Elke gesig het ook ’n ander kleur: wit (noord, vir Wit-Rusland), rooi (wes), swart (suid, vir die Swartsee) en groen (oos).

Hy dra altyd sy swaard (soms boog) in die een hand en ’n drinkhoring in die ander. Swjatowid het ’n wit perd gehad wat in sy tempel aangehou is en deur priesters versorg is. Daar is geglo dat hy in gevegte op die perd gery het, wat gesorg het vir voorgevoelens. Oorwinnings in gevegte, handelsreise en geslaagde oeste het alles van Swjatowid afgehang.

Etimologie

Boris Ribakof het beweer dis die vier gesigte van die gode Peroen, Swarog, Lada en Mokosj. Saam kyk hulle na die vier uithoeke van die wêreld. Dit het aanleiding gegee tot die verkeerde verklaring van die god se naam as "wêreldsiener" (swet = "wêreld", wid = "sig"). Die vorms Sventevith en Zvantewith wys egter die naam is afgelei van die woorde svętъ (heilige) en vit (lord, heerser, wenner).

Verwysings

Eksterne skakels

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Svetovid

Tags:

Swjatowid VoorkomsSwjatowid EtimologieSwjatowid VerwysingsSwjatowid Eksterne skakelsSwjatowidSerwiëSlawiese mitologie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Direkte en Indirekte redeKappie (skryfteken)Ekonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKolonoskopieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LongWet op Bantoe-onderwysDysselsdorpAfvalbestuurSuid-Afrikaanse InkomstediensMoskouBoerboelUniondaleEkonomieDurbanSlag van Cuito CuanavaleDiepaartromboseSteenkool in Suid-AfrikaWeervoorspellingSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureAfleiding (taalkunde)Suid-Afrikaanse randWillie JoubertTrigeminale neuralgiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRooms-Katolieke KerkCoca-ColaGeldLangste woordThomas EdisonEuropaSekondêre sektor van die ekonomieVerkragtingRoesMetaalSelfmoordRenosterWoestynSkerpioenLimfvatstelselKatherine JohnsonNiersteenInsekAardbewingKaartNetbalEkostelselWikipediaSirkelMonopolieBloemfonteinLidwoordWalvisLeierNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKoppeltekenTransatlantiese slawehandelWaterbesoedelingShakaAfrikaanse WikipediaHoenderHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAbstraksie (rekenaarwetenskap)ByBorskankerShanzhaiErosietipesWiskundige terminologieEreksieCristiano RonaldoMiltGrondwetBaljuSteve BikoPeriodieke tabelRassismeBeurtkrag🡆 More