Spikkel-Kuilvissie

Die spikkel-kuilvissie (Nothobranchius orthonotus) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere op die oostelike kusvlakte van Afrika vanaf die onderste gedeelte van die Zambezirivier tot by Mkuze in KwaZulu-Natal.

In Engels staan die vis bekend as die Spotted killifish.

Spikkel-kuilvissie
Spikkel-Kuilvissie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
N. orthonotus
Binomiale naam
Nothobranchius orthonotus
(W. K. H. Peters, 1844)

Voorkoms

Die vis het 'n stewige lyf met die dorsale vin agter op die lyf, teenoor die anale vin. Beide vinne is omtrent ewe groot. Die stertvin is groot en bolrond terwyl die kop groot en met skubbe bedek is. Mannetjies het groter dorsale en anale vinne as die wyfies. Die vis word tot 100 mm lank.

Wyfie

Die wyfies is eenvoudig vlesig bruin met 'n ligte silwer of blouerige skynsel.

Mannetjie

Die mannetjies het 'n rooi of blou voorkoms. By beide voorkomste is daar rooi spikkels op die kop. By die vis met die rooi voorkoms is die skubbe geel of blou in die middel met helder rooi rantjies. Die stert-, pektorale- en bekkenvinne is rooi. Daar is rooi strepe op die basis van die dorsale en anale vinne; die vinne is groen met wynrooi kolle op die onderste helfte terwyl die rante van die vinne helderwit is.

By die vis met blou voorkoms is die rooi kleur minder opvallend en die skubbe met blou in die middel domineer. Die vinne is groen met klein rooi strepe en kolle. Die stertvin het feitlik geen kolle op nie.

Die Beira-kuilvissie lyk baie soos die vis met die rooi voorkoms en daar is 'n moontlikheid dat dit dieselfde spesie is.

Sien ook

Eksterne skakel

Bronne

Verwysings


Tags:

Spikkel-Kuilvissie VoorkomsSpikkel-Kuilvissie Sien ookSpikkel-Kuilvissie Eksterne skakelSpikkel-Kuilvissie BronneSpikkel-Kuilvissie VerwysingsSpikkel-Kuilvissie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EskomLiefdeDie Stem van Suid-Afrika20ste eeuVerkleinwoordRooms-Katolieke KerkWiskundeLetterkundeSwart menseLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Klimaatsverandering in Suid-AfrikaLeierskapMensArmoedeDelft, KaapstadKriekSkarlakenkoorsDarwinismeSkildklierWiki CommonsGreta ThunbergAardeInfeksieJohann de Lange19de eeuDiskriminasiePornhubKweekhuisgasBaljuSamestellingSelfstandige naamwoordVerkleurmannetjieBeurtkragEkonomie van Suid-AfrikaEnsiklopedieJan van RiebeeckMenslike skeletGesondheidBloukraanvoëlPaasfeesToekoms van die AardeSeisoenInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandMarsOsoonlaagHaaieDieremishandelingIntensiewe vormHorlosieHernubare energieMaagSelfvertroueKommaMoedersdagE-posPampoentjiesAtleetvoetAntjie KrogYsterAfrikanersAluminiumSteve HofmeyrResensieDiepaartromboseKoos BekkerArmoedeverligtingVlekvrye staalNeo-NazismeUniondaleKolonialismePolisieAardedagSamestellende afleidingNederlands🡆 More