Frekwensie word gemeet as die aantal voortdurende herhalings van 'n handeling of gebeurtenis per eenheid tyd.
Dit word ook gedefinieer as die mate van verandering in fase van 'n sinusvormige golfvorm.
Die frekwensie van 'n gebeurtenis word bepaal deur die aantal voorkomste van die gebeurtenis te tel binne 'n bepaalde tydperk en dan dit te deel deur die tydsduur. Dit kan ook bepaal word deur die tydsduur van 'n bepaalde hoeveelheid gebeurtenisse te neem. Net soos voorheen word die aantal gebeurtenisse gedeel deur die tydsduur om die frekwensie te bereken.
Die SI-eenheid van frekwensie is hertz (Hz). Dit is vernoem na die Duitse fisikus Heinrich Rudolf Hertz. 1 Hz beteken dat die gebeurtenis een keer per sekonde herhaal, 2 Hz beteken dat die gebeurtenis twee keer per sekonde herhaal. Ander eenhede wat gebruik word om frekwensie te meet sluit revolusies per minuut (rpm) in. Hartklop en musiektempo word in polsslae per minuut gemeet. Soms word hoekfrekwensie eerder gebruik. Dit word in radiale per sekonde (rad/s) gemeet.
'n Alternatiewe metode om frekwensie te bereken is om die tydsduur tussen twee opeenvolgende gebeurtenisse te meet (die periode) en dan die frekwensie te bereken as die omgekeerde van die tyd:
waar
Die is akkurater om 'n aantal periodes te neem en die gemiddeld te bereken.
Frekwensie het 'n omgekeerd eweredige verhouding met golflengte. Die frekwensie van 'n golf is gelyk aan die spoed van die golf gedeel deur die golflengte van die golf.
waar
In die spesiale geval waar elektromagnetiese golwe in 'n vakuum beweeg word die spoed van die golf v met die spoed van lig in 'n vakuum c vervang. Dus word die frekwensie bereken as:
waar
Wanneer 'n golf van een medium na 'n ander beweeg bly die frekwensie konstant, maar die golflengte en spoed van die golf verander.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Frekwensie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.