Slag Van Die Antonof-Lughawe: Slag tydens die 2022 Russiese inval in die Oekraïne

Die Slag van die Antonof-lughawe, ook bekend as die Slag van die Hostomel-lughawe, was 'n militêre slag wat plaasgevind het by die Antonov-lughawe in Hostomel, Kijif-oblast tydens die Kijif-offensief van die 2022 Russiese inval in die Oekraïne.

Slag Van Die Antonof-Lughawe: Slag tydens die 2022 Russiese inval in die Oekraïne
'n Nader foto van die oorblyfsels van die Antonof An-225

Op 24 Februarie 2022, 'n paar uur nadat president van Rusland Vladimir Poetin die begin van 'n "spesiale militêre operasie" in die Oekraïne aangekondig het, het Russiese troepe van die Russiese valskermmagte (VDV) 'n lugaanval op Antonof-lughawe gedoen met die doel om dit oor te neem. Die lughawe het strategiese waarde gehad aangesien dit minder as 10 kilometer (6.2 myl) buite die hoofstad Kijif geleë was, wat Russiese troepe in staat sou stel om meer troepe en swaarder toerusting per lug in te bring om die stad direk te bedreig. Die Oekraïense weermag het egter gereageer met 'n teenaanval wat die onondersteunde Russiese magte omsingel het en die aanvanklike aanval afgeweer het. Die aanval het die volgende dag hervat met nog 'n valskermaanval deur die VDV gekombineer met 'n grondaanval deur gepantserde versterkings wat van die Belarusiese grens af kom en deur die Oekraïense verdediging gebreek het. Die lughawe is toe deur die Russiese magte oorgeneem.Ten spyte hiervan het die onverwagte Oekraïnse weerstand die planne van 'n vinnige kapitulasie van Kijif in die wiele gery, en die lughawe was te beskadig om as 'n funksionele landingstrook gebruik te word.

Die Antonof An-225 Mrija, die wêreld se grootste vliegtuig, is tydens die Slag van die Antonof-lughawe in sy vliegtuigloods vernietig.

Verwysings

Tags:

Kijif-oblastRussiese inval in Oekraïne, 2022

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KruisigingLewerPous Leo XFrankrykCarles PuigdemontRina HugoSeksueel oordraagbare infeksieNorwichzee7qVingerseksLikkewaanMillennium-stadionVerenigde NasiesTotalitarismeBelgiëSuid-AfrikaInterlingueGips2018 Brasiliaanse Grand PrixRussiese Rewolusie (1917)Chester A. ArthurSeksuele stimulasieNederlandse WikipediaRicus NelSaoedi-Arabiese Grand PrixLetterlike en figuurlike taalgebruikJeuksiekteValéry Giscard d’EstaingElim, LimpopoRigtersGroenlandsDirigentAntarktikaBosnië-HerzegowinaIndonesiesHeidelberg, GautengInkubasieAustraliëHelpmekaar-kollegeWaarheid-en-versoeningskommissieEnkelvoudige sinLourierboomSachin TendulkarTeologiePhilip GlassAlgemene relatiwiteitNoordwes-UniversiteitMarkus JoosteHartHoofpynAngina pectorisParkinson se siekteWestdenedam-rampOopbroninhoudGeografie van Suid-Afrika2018 Australiese Grand PrixDiarreeIndianeNiccolò MachiavelliNew YorkVerenigde StateOrkney Snork NieNarsistiese persoonlikheidsteuringSpelerposisies in rugbySinoniemNagmaalKoronavirussiekte-2019BreinMenseregtedagPriaposAstanaLabia (geslagsdele)SkildklierKompas🡆 More