Senuoordraer

Senuoordraers (ook neurotransmitters of chemiese boodskappers genoem) is chemiese stowwe wat die oordrag van seine in die senuweestelsel moontlik maak.

Hulle dra seine oor ’n chemiese sinaps oor, van een neuron (senusel) na ’n ander teikenneuron, ’n spiersel of ’n kliersel.

Struktuur van ’n tipiese chemiese sinaps
Senuoordraer

Senuoordraers word van sinaptiese blasies in sinapse vrygestel in die sinaptiese spleet, waar hulle deur reseptore in die teikenselle ontvang word. Baie senuoordraers word gesintetiseer van eenvoudige en algemene voorlopers soos aminosure, wat geredelik beskikbaar is uit die dieet en net ’n klein getal biosintetiese stappe benodig vir omvorming. Senuoordraers speel ’n groot rol in die alledaagse lewe en bedrywighede. Dit is nie bekend presies hoeveel daar is nie, maar meer as 100 chemiese boodskappers is al geïdentifiseer.

Werking

Senuoordraers word in sinaptiese blasies geberg wat onder ’n selmembraan in die aksonterminaal aan die presinaptiese kant van die sinaps geleë is. Hulle word in die sinaptiese spleet vrygestel en versprei, en bind dan aan spesifieke reseptore in ’n membraan aan die postsinaptiese kant van die sinaps.

Die meeste senuoordraers is omtrent so groot soos ’n enkele aminosuur; sommige kan egter so groot wees soos groter proteïene of peptiede. ’n Vrygestelde senuoordraer is gewoonlik vir ’n kort tyd in die sinaptiese spleet beskikbaar voordat dit deur ensieme gemetaboliseer word, die presinaptiese neuron teruggetrek word of aan ’n postsinaptiese reseptor bind. Korttermynblootstelling is egter voldoende vir ’n seinoordrag.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Chemiese sinapsKlierNeuronSenuweestelselSpier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kolorektale kankerEkonomiese sektorLeestekenMaroela MediaFluoorKasteel die Goeie HoopKoue OorlogDermpoliepHannes van WykSonkragSuid-Afrikaanse randHartTrigeminale neuralgieNeurenberg-verhoreDagboekLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAprilMigrasie van diereMagnetismeSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeLenteSelfieBloedsomloopstelselKoolhidraatAborsieJuraHeelgetalKokerboomEendbekdierKankerWatersuiweringWaterbesoedelingSekondêre sektor van die ekonomieChemiese elementOsoonlaagSlawernyLetterkundeTegnologieGoogleMonopolieTrekarbeidOlimpiese SpeleBruce FordyceGemeenskapsorganisasieLys van kinderspeletjiesUitwerking van klimaatsveranderingJohann de LangePuberteitStollingsgesteenteSwawelGemeenskapAntjie KrogKatTafelbergBronsGeskiedenis van AfrikaansAfrikaansRob HersovAardrykskundeHoenderInternetVerenigde KoninkrykVoegwoordWet op NaturellengrondResensieEnsiklopedieSoogdierSosiale mediaSkarlakenkoorsNederlandsMigrasie van voëlsKoos du PlessisSwaziSuid-SothoKolonisasieE-pos🡆 More