Saasveld, Kaapstad

Saasveld is die besondere 18de eeuse herehuis langs die Hugenotemonument in Franschhoek.

Die Hugenote-gedenkmuseum is in hierdie huis gevestig. Hierdie unieke huis het aanvanklik in Kloofstraat in Kaapstad gestaan.

Saasveld, Kaapstad
Saasveld in Kaapstad
Saasveld, Kaapstad
Die hedendaagse Hugenote-gedenkmuseum op die plaas

Van Reede van Oudtshoorn

Saasveld was daardie deel van die landgoed De Tuin van Oudtshoorn wat in 1791 aan die VOC- en Bataafse amptenaar en lid van die Politieke Raad, baron Willem Ferdinand van Reede van Oudtshoorn (1755–1822) verkoop is. Die huis met sy slawekwartiere, twee wynkelders en stalle is in 1791 en kort daarna gebou. Hoogswaarskynlik was Louis Thibault die argitek en die meeste dekoratiewe werk deur Anton Anreith. Dit is genoem na Saasveld in Twente.

Sloping

Van 1822 tot 1838 was Van Reede se skoonseun, James Dunbar, die eienaar. Daarna word die landgoed verdeel in erwe en koop die NG Kerk die stuk met die herehuis en wynkelders. Na veel ontevredenheid in die gemeenskap oor die moontlike afbraak van die geboue, gebeur dit tog in 1954. Maar sekere besondere dekoratiewe dele van die huis is betyds verwyder en bewaar met die oog op moontlike latere hergebruik.

Museum

In 1957 het die Hugenote Vereniging besluit om 'n museum langs die monument in Franschhoek op te rig. Die bouplanne sou die uitleg van die Saasveld-herehuis volg en die bewaargeblewe dele van die oorspronklike Saasveld sou in die nuwe bouplanne ingesluit word. Die huidige gebou is dus 'n ongedwonge replika van die eertydse huis, stoep, slawekwartiere en wynkelders. Die grootste afwyking van die oorspronklike bouplan is die ry pilare met die opskrif Post Tenebras Lux wat die twee wynkelders verbind. Dit is die eerste voorbeeld in die geskiedenis van Suid-Afrika van 'n historiese huis wat gesloop is en elders in sy oorspronklike styl opgerig is.

Jeugherberg

Op die plek van die oorspronklike Saasveld in Kloofstraat het die NG Kerk 'n jeugherberg opgerig. Dit staan bekend as Saasveld Lodge.

Bibliografie

Eksterne skakels


19°07′25.96″O / 33.9140056°S 19.1238778°O / -33.9140056; 19.1238778

Tags:

Saasveld, Kaapstad Van Reede van OudtshoornSaasveld, Kaapstad SlopingSaasveld, Kaapstad MuseumSaasveld, Kaapstad JeugherbergSaasveld, Kaapstad BibliografieSaasveld, Kaapstad Eksterne skakelsSaasveld, KaapstadFranschhoekHugenote-gedenkmuseumHugenotemonumentKaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Werner AbrolatChamillionaireIngrid JonkerKapitaal (ekonomie)SokkerNadia ValvekensHenry CavendishGeloftedagVeelrassige pornografiePankreasBesoedelingPostmasburgWBeeldspraakIndo-Europese taleOrnitologieIndiëFrankfurt SkoolJesus van NasaretPinksterAngina pectorisPiet Byleveld20ste eeuSkisofrenieMensMangelontstekingEmilia ClarkeInternasionale Fonetiese AlfabetMenslike skeletHeidelberg, GautengTab ThackerXProtestantismeOu TestamentAarverkalkingBruto binnelandse produkErdwurmJeugdagWaterpokkiesQSirkelBeëdigde verklaringSoogdierSondagWerwelkolomJan BlohmJodeBrandmondsindroomGezina, PretoriaOlifantWhatsAppTuberkuloseUpingtonGewone breukeSlag van BloedrivierKappie (skryfteken)Genesis-skeppingsverhaalFilosofieSydoringKorrupsieKoalaNoag se arkBambi WoodsYstervarkRamadanLaingsburgvloedSeksuele oriëntasieAfrikaanse wielewaalIranRooikatWilliams Grand Prix EngineeringNelson Mandelabaai Metropolitaanse MunisipaliteitCristina Fernández de KirchnerPampoentjiesSinsbouOu Apostoliese Kerk🡆 More