Knaagdier

Knaagdiere is soogdiere (Mammalia) wat gesamentlik die orde Rodentia vorm.

Knaagdiere is besonder suksesvol en veertig persent van alle soogdiere is knaagdiere. Hulle kom op alle kontinente van die aarde, behalwe in Antarktika voor en leef in 'n verskeidenheid van habitats, soos in bome, onder die grond en selfs in varswater.

Knaagdiere
Tydperk: Paleoseen–Onlangs
Knaagdier
(Apodemus flavicollis)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Infraklas:
Placentalia
Orde:
Rodentia

Bowdich, 1821
Subordes
  • Sciuromorpha
  • Castorimorpha
  • Anomaluromorpha
  • Myomorpha
  • Hystricomorpha

Knaagdiere het vier snytande wat aanhou om te groei, en deur te knaag kort gehou word. Die Latynse naam Rodentia is van die eienskap afgelei: rodere, "om te knaag", en dent, "tand".

Die meeste knaagdiere is klein. Voorbeelde van bekend knaagdiere is muise, rotte en eekhorings. Sommige knaagdiere soos marmotte, hamsters en nagmuise word soms as troeteldiere aangehou.

Voorbeelde van groter knaagdiere is ystervarke, bewers, en die grootste lewende knaagdier, die kapibara (watervark), wat tussen 105 en 135 cm in lengte kan groei en 35 tot 65 kg kan weeg.

Taksonomie

  • Orde Rodentia
    • Suborde Anumaluromorpha
      • Familie Anomaluridae
      • Familie Pedetidae (Springhase)
    • Suborde Castorimorpha
      • Familie Castoridae
      • Familie Geomyoidea
    • Suborde Hystricomorpha
      • Familie Ctenodactylidae
      • Familie Hystricidae
      • Familie Myocastoridae
      • Familie Caviidae
      • Familie Cuniculidae
    • Suborde Sciuromorpha
      • Familie Aplodontiidae
      • Familie Gliridae (ook Myoxidae, Muscardinidae)
      • Familie Sciuridae (Eekhorings)
    • Suborde Myomorpha
      • Superfamilie Muroidea
      • Superfamilie Dipodoidea
        • Familie Dipodidae

Eksterns skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PuberteitApartheidOrgasmeKlein gekolde katRekeningkundeApostoliese GeloofsendingPotchefstroomKnysnaCremonaHemelvaartsdagInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandVolksrepubliek ChinaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAlliterasieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Sias ReineckeVaste stofJohn Brown (aktivis)TikTokBeesvleisKlimaatsverandering in Suid-AfrikaRob HersovSeksualiteitVaginale kankerHorlosieProteaEiffeltoringOntdekking van die chemiese elementeVerkragtingEendbekdierCarike KeuzenkampLidwoordSuider-AfrikaTweede VryheidsoorlogKarakteriseringVaginaNatuurOmtrek, oppervlakte en volumeBrandmondsindroomNasionale VrouedagHamburgerEierstokNasionaal-SosialismeShakaInsekAfrikaanse taalleerDigvormHoedAborsieVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameDurbanNatriumDelft, KaapstadTsongaBeurtkragBuffelCristiano RonaldoVoedingSendelingposisieTrekarbeidSpreeuMenslike seksuele gedragRooibloedselAustraliëNatuurlike hulpbronKoue OorlogBeaufortskaalPesachSeksuele stimulasieLiewe HeksieEerste WêreldoorlogUniondaleVlag van Suid-AfrikaLongSkoenlapperSamestellende afleidingJapanGroepsdruk🡆 More