Rian Malan

Rian Malan (gebore 1954 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis, dokumenteerder en liedjieskrywer van Afrikaner afkoms.

Hy het bekendheid verwerf met sy outobiografiese roman My Traitor's Heart, wat soos die meeste van sy werke oor die Suid-Afrikaanse samelewing in 'n historiese en kontemporêre perspektief handel, en wat op rasseverhoudinge fokus. As 'n joernalis het hy vir groot koerante in Suid-Afrika, Groot-Brittanje en die VSA geskryf.

Rian Malan
Gebore1954
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSkrywer, joernalis
Bekend virRoman, My Traitor's Heart

Malan het in 'n middel-klas en pro-apartheid Afrikaner-gesin in 'n blanke voorstad van Johannesburg grootgeword. Hy het beskryf hoe hy as tiener 'n rockgroep gestig het wat met swart kunstenaars geassosieer het en hoe hy teen die apartheid-stelsel wou rebelleer terwyl hy nog weinig interaksie met swart mense gehad het. Om diensplig te vermy, wat daai tyd vir wit mans verpligtend was, trek hy in 1977 na Los Angeles waar hy as joernalis begin werk.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika in die 1980's skryf hy sy memoires, My Traitor's Heart waarin hy vertel van sy kinderdae in Suid-Afrika en waarin hy rasseverhoudinge verken deur prominente moordgevalle te beskryf. Hy besin verder oor sy familie se geskiedenis, 'n vooraanstaande Afrikaner-stam wat in die 17de eeu na die Kaap gemigreer het, insluitend Daniël François Malan, die Suid-Afrikaanse Eerste Minister wat 'n groot ideologiese voorstander van apartheid was. Die boek word later 'n beste-verkoper en word in 11 tale vertaal.

Verwysings

Tags:

1954AfrikanersJohannesburgKoerantVSAVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RuslandRoesWeermagFabelAntieke EgipteAntisemitismeErfenisLimpopo (rivier)BronsKaapstadse waterkrisis 2015-2018HorlosieOnse VaderWatersuiweringMigrasie van voëlsBruin menseSoogdierLyfstraf in skoleAfrikaanse TaalmonumentSuid-Afrikaanse GrensoorlogDokterWitbloedselLeonardo da VinciAsiëMasturbasieTweede WêreldoorlogKoos BekkerLetterkundeJazzBreedtegraadAkroniemVlekvrye staalVoëlKapitalismeTswanaProstaatkankerAnrich HerbstSwartrenosterKommunikasieKindersiektesSwart nasionalismeSwemNag van die lang messeJan van TonderDuitse maselsKomma24 AprilVoedselkettingTsongaOnderhandelinge om apartheid te beëindigKletsrymMieliestronkBuffelRobbeneilandAardedagNetbalSaartjie BaartmanNederlandMonumentAppelLys van NG gemeentesKaapse VlakteSnaarinstrumentRymVerenigde State van AmerikaGrondwetPad na jou hartVratLugbesoedelingAardbewingFiela se kindStereotipeKatherine JohnsonMandalaJapanBate🡆 More