Rain Man

Rain Man is 'n Amerikaanse dramarolprent wat deur Barry Levinson geregisseer en deur Barry Morrow en Ronald Bass geskryf is.

Dit vertel die verhaal van die kwasterige, selfsugtige konkelaar Charlie Babbitt (Tom Cruise), wat uitvind sy vervreemde pa het gesterf en feitlik sy hele fortuin van talle miljoene dollars aan sy ander seun, Raymond (Dustin Hoffman), bemaak. Dié is 'n outistiese savant, van wie se bestaan Charlie onbewus was. Charlie kry net sy pa se geliefde veteraanmotor en roosbome. Valeria Golino speel ook in die prent as Charlie se meisie, Susanna.

Rain Man
Regisseur Barry Levinson
Vervaardiger Mark Johnson
Draaiboek
  • Barry Morrow
  • Ronald Bass
Met
Musiek deur Hans Zimmer
Kinematografie John Seale
Redigeerder Stu Linder
Ateljee
  • United Artists
  • Guber-Peters Company
  • Star Partners II, Ltd.
Verspreider MGM/UA Communications Co.
Uitgereik 16 Desember 1988
Speeltyd 134 minute
Land VSA
Taal Engels
Begroting $25 miljoen
Bruto wins $354,8 miljoen - $412,8 miljoen
IMDb-profiel

Morrow het die karakter Raymond geskep nadat hy Kim Peek, 'n werklike savant, ontmoet het; die karakter is geskoei op beide Peek en Bill Sackter, 'n goeie vriend van Morrow wat die onderwerp was van die 1981-rolprent Bill, wat ook deur Morrow geskryf is.

Rain Man se première was op die 39ste Berlynse Internasionale Rolprentfees, waar dit die Goue Beer, die hoogste prys, gewen het. Dit is in 1988 in Amerika in rolprentteaters uitgereik deur MGM/UA Communications Co. en was hoogs suksesvol. Levinson se regie is geprys, asook die toneelspel (veral van Hoffman en Cruise), die musiek, Morrow se draaiboek, die kinematografie en die prent se uitbeelding van outisme. Dit het $25 miljoen gekos en het $354,8 miljoen - $412,8 miljoen ingeoes; dit was die prent wat die beste gedoen het in 1988 en het agt benoemings gekry op die 61ste Oscar-toekenningsaand, waarvan dit vier gewen het: vir beste rolprent, beste regisseur, beste akteur (Hoffman) en beste oorspronklike draaiboek.

In 2022 was Rain Man die eerste en enigste rolprent wat in een jaar die Berlynse Internasionale Rolprentfees se hoogste prys en die Oscar vir beste rolprent gewen het. Dit was ook die laaste MGM-prent wat vir beste rolprent benoem is tot Licorice Pizza in 2021, 33 jaar later.

Verwysings

Skakels

Tags:

AmerikaDustin HoffmanOutismeRolprentSavantTom Cruise

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GriepMaselsChloorKinderregteOos-KaapWitbloedselOranjerivierJohannes MeintjesAsjantirykWaterbesparing in Suid-AfrikaOseaanSkildklierWiskundeWindAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSinoniemGlobaliseringFleetwood MacLongMiskruierMeervoudSaartjie BaartmanBeesAgtervoegsel7de LaanGeskiedenis van AfrikaansHaasAfrikaanse TaalmonumentIslamitiese seksualiteitswetteViëtnamoorlogEkonomieTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinOsoonlaagBeaufortskaalVoëlgriepSpelerposisies in rugbySuid-Afrikaanse GrensoorlogLenteLys van politieke partye in Suid-AfrikaGroot-Brakrivier (dorp)Madison IvyOrtopedieWêrelderfenisgebiedMenslike seksuele gedragBrandSimboolOnafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-AfrikaGrondbesoedelingEkonomie van Suid-AfrikaTamatieGawes van die Heilige GeesWolfVoorsetselKoppeltekenKultuurTrekarbeidElon MuskZimbabweGeskiedenis van die AardeBestaansboerderyNylsvley-natuurreservaatGesonde dieetMetafoorVeelvuldige skleroseAfrikaners is plesierigAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePampoentjiesJohn Brown (aktivis)ProstaatkankerKorrupsieGeografie van Suid-AfrikaIrma SternWalvisWeervoorspellingKoekie (rekenaarwetenskap)🡆 More