Metacritic: Webtuiste met resensies

Metacritic is ’n webtuiste met resensies van rolprente, musiekalbums, videospeletjies en televisieprogramme (voorheen ook boeke).

’n Persentasie word aan elke resensie van ’n produk toegeken en die gemiddeld bereken. ’n Uittreksel van elke resensie word verskaf, saam met ’n skakel na die bron. Drie kleurkodes – groen, geel en rooi – som die resensente se aanbeveling op en gee ’n idee van die algemene mening van resensente en, in ’n mindere mate, die publiek.

Metacritic
Metacritic: Webtuiste met resensies
URL Metacritic.com

Kommersieel? Ja
Soort webwerf Resensies
Registrasie Gratis/subskripsie
Eienaar CBS Interactive (CBS Corporation)
Geskep deur
Gelanseer 1998
Huidige status Aanlyn

Dit word beskou as die videospelbedryf se beste versameling resensies. Metacritic se speletjieredakteur, Marc Doyle, het in ’n onderhoud in The Guardian gesê omdat videospeletjies so ’n groot belegging is, is spelers meer ingelig oor resensies as rolprent- of musiekaanhangers. Hulle wil weet of daardie produk waarop almal so gretig gewag het, aan die verwagtinge voldoen.

Puntetoekenning

Metacritic ken aan elke resensie ’n persentasie toe, met inagneming van die resensent se aansien. Baie webtuistes gee ’n telling uit 5, 10 of 100, of ’n alfabetiese gradering. Metacritic werk dit om in ’n persentasie. Vir resensies sonder enige duidelike telling, soos dié van The New York Times, neem Metacritic die toon van die resensie in ag en ken dan daarvolgens ’n punt toe.

Die telling vir speletjies, rolprente, TV-programme en musiek werk soos volg:

Aanduiding Videospeletjies Rolprente/TV/musiek
Algemeen gunstig 90–100 81–100
Gewoonlik gunstig 75–89 61–80
Gemeng of gemiddeld 50–74 40–60
Gewoonlik ongunstig 20–49 20–39
Algemeen ongewild 0–19 0–19

Verwysings

Tags:

BoekMusiekResensieRolprentTelevisieVideospeletjieWebtuiste

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Chemiese elementVrystaatSinoniemMassaVars waterApartheidOmgewingsbeheerArmoedeverligtingGrondbesoedelingKaapse florarykNeonPersGroot Muur van ChinaIronieWinterSoutsuurHeks van HexrivierSpreeuDistrik SesHaelSonnestelselVoedingSkaapGroot GatRassismeHoofkarakterAluminiumVrouBysteekMIV/vigs in Suid-AfrikaKrugerwildtuinNeerslagKontinentRussiese inval in Oekraïne sedert 2022PolisieBreinEerste WêreldoorlogYsterStellenboschLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaMiteWekkerRudi ClaaseBewaringstatusVaste stofGemeenskapsorganisasieGoudkus (streek)Familie (verwantskap)Brittany Ashton HolmesVliegtuigSteve BikoWolfFotosinteseChristiane JaccottetDeelwoordRonelda KamferPaulus van TarsusNierEiffeltoringSpringbokkeKunsmatige algemene intelligensieGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondProstaatklierWaterkringloopVerdampingNatuurrampBevolkingsafnameMuskietMagsverheffingTweede WêreldoorlogWet op Bantoe-onderwysOraniaItaliëMierKlein vyf diereBlourokke🡆 More